Span saam vir Loslitdag 2016

Span saam vir Loslitdag 2016

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Maak jou reg vir Loslitdag 2016! Die tema vir 2016 is so pas aangekondig: Span saam! Loslitdag is die land se grootste fondsinsamelings- en bewusmakingsprojek vir persone met gestremdhede. Die Loslitspan besoek verskeie stede en dorpe die land oor om die 2016 tema van stapel te stuur. Volgens Loslitdag se projekleier, Vanessa du Plessis het die publiek verlede jaar R27 miljoen geskenk.

“Suid-Afrikaners is gek na sport en vanjaar is ‘n groot sportjaar: die Olimpiese en Paralimpiese Spele vind later in die jaar plaas. Loslitdag val met die aangeleenthede saam. Ons vra dat die publiek ons spanne ondersteun en terselftertyd ook persone met gestremdhede ondersteun. “Dis ‘n dag waarop ons vra dat almal in SA gemaklik, formeel of sommer net verspot sal aantrek wanneer hulle werk toe gaan en die amptelike Loslitdagplakker sal dra. Loslitdag is a projek van die Nasionale Raad vir Persone met Fisiese Gestremdheid, ’n nie-winsgewende nasionale organisasie wat hom beywer om die behoeftes van persone met gestremdhede aan te spreek.

Loslitdag het oor die jare ‘n gunsteling op die kalender geword vir baie Suid-Afrikaanse sake-instellings. Sommige maatskappye gebruik dan Loslitdag as ‘n geleentheid vir hul korporatiewe spanboudae, terwyl hulle ‘n bydrae maak tot een van ons land se mees kwesbare sektore. Die Loslitspan besoek gedurende Mei 2016 al die provinsies om deelnemende organisasies op hoogte te hou van die projek. “Ons nooi organisasies wat nog nie deelneem nie uit om te registreer. Hulle kan sodoende geld vir hul eie organisasie insamel - mits hulle persone met gestremdhede ondersteun.”

Loslitdag vind vanjaar op Vrydag, 2 September 2016 plaas. Fondse word deur ‘n skenking van R10 vir ‘n plakker ingesamel ter ondersteuning van persone met gestremdheid se regte tot onderwys, behuising, opleiding, toeganklikheid en werkskepping te ondersteun… met ander woorde, volle inskakeling in die gemeenskap.

Kontak ons by 011-609-7006 of besoek ons webtuiste by www.casualday.co.za. For more information, photographs and publicity material call Andrea Vinassa, Media co-ordinator for Casual Day at 079-089-9835 (Landline in Cape Town: 021-790-6698)

Loslitdag Ambassadeurs

Span saam vir Loslitdag 2016

Loslitdag Ambassadeurs

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Under the Microscope: Must Love Ants!

Under the Microscope: Must Love Ants!

Meet Paramixogaster acantholepidis, a rare hoverfly with a fascinating connection to ants. 

Grootbos Foundation
From Fresh Eggs to Chicken Manure

From Fresh Eggs to Chicken Manure

Update from the Entrepreneurship Programme: This is Phakama, who sells freshly laid eggs in Pearly Beach.

Grootbos Foundation
Why You Don't Need to Explain Yourself When You Say No

Why You Don't Need to Explain Yourself When You Say No

You never validate YES. Why do you want to validate NO?

Daily Blog: 29 September 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

Daily Blog: 29 September 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

What an amazing day out at sea with multiple Bronze whaler sharks, southern right whales and Cape fur seals! 

A Little Candlelight Goes a Long Way

A Little Candlelight Goes a Long Way

A little warmth for your home.

October is Breast Cancer Awareness Month

October is Breast Cancer Awareness Month

At Pam Golding Properties Gansbaai, we believe in building strong foundations in our homes...

See All Articles