Black Leaves veroorsaak amper massamoord

Black Leaves veroorsaak amper massamoord

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Rangers van Bredasdorp was verlede Saterdag op pad om die Baai die doodskoot toe te dien, danksy die wendrie deur Brendan-Lee Dickson wat in die hoekie oor is om uit die Rangers se kloue te ontsnap .

Met die telling lank op 12-13 teen die Baai, en Rangers van Bredasdorp wat verbete daaraan vasklou, kon jy die skok en teleurstelling op menige Black Leaves ondersteuners se gesigte sien wat hartaanvalle sou kon veroorsaak, maar na die eindfluitjie kon die kroegman darem alles weer regstel met sy doepas. Uit die aard van die saak verdien Black Leaves nog 4 waardevolle punte wat hom nou tree vir tree onder die voorste 4 spanne kan laat inkruip.

In winderige toestande was dit glad nie ideal vir skoprugby nie, maar veral Rangers se losskakel het hom baie goed gekwyt van hierdie taak. Binne die eerste 10 minute van die wedstryd ruik die Baai eerste bloed met Elrich Dunsdon (Pokkel) wat oorduik vir ‘n onverdoelde drie (5-0). Met die wind faktor probeer die manne met kort aangee en  hou die verdedigingslyne dig toe met min beweegspasie, maar dit was juis hier waar die skeidsregter die onkantlyn gereed bepaal het wat die voordeelarm laat uithang het. Black Leaves staan strafskoppe af wat Bredasdorp se losskakel laat slag met 2 strafskoppe (5-6). Divvy, met sy akkurate voet pale toe, word telkemale deur die wind gekortwiek. Dit word dan ook die halftyd telling.

Met die aanvang van die tweede helfte was die tafel gedek. Na ‘n geelkaart slaan Rangers munt uit die situasie en neem hul telling na 5-13 met nog ‘n doel en pen die Baai op die manier behoorlik vas. Na ‘n plaasvervanging hier en daar, ‘n paar posisionele veranderings, begin die baai ‘n bietjie konsolideer en Gollie Swarts (No. 8) bars oor die doellyn vir ‘n manjifieke drie, verdeel deur Divvy (12-13).

Die uurglas begin dan stadig uitloop en die onderskeie ondersteuners begin hul spanne aanmoedig in baie goeie sportmangees. Toe die “ref” stiptelik na sy horlosie begin loer, begin dinge te knaag en ‘n haas moes uit die hoed uit gepluk word en Brendan Lee steek weer sy hand daarin met ‘n praglopie om met ‘n sierlike duikslag agter die doellyn in die hoekie oor te seil. Maar kon jy vir oom Staffie en oom Wielie sien? Uitgelate van opgewondenheid. (Bredasdorp staan verslae op die veld rond.) Hulle moes maar toe onder die pale gaan staan om die doodspyker te ontvang. (17-13). Hierna nog een laaste afskop van Rangers wat vinnig toesak en amper weer deur  nael, maar “Mr. Ref” roep die spel terug vir ‘n fout waar die wedstryd dan eindig (Sjoe!)

Black Leaves maak hulle nou gereed vir die Groot Derby wat op 14 Mei op Hermanus gaan plaasvind. Queen Phillips, Sampie Jacobs en Samuel bewys hulle as periodieke spelers in die span en het uitgeblink saam met Daan Otto en Colin Sauls.

Black Leaves se C-span val vas en verloor hul wedstryd. Black Leaves  se B-span wen ook hul wedstryd met ‘n drie deur Fella Marthinus en ‘n strafskop deur Geortin Wildschutte (8-3).

So sê “Bra G”

Black Leaves veroorsaak amper massamoord

Gansbaai Courant

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

COMING HOME TO YOURSELF

COMING HOME TO YOURSELF

At the heart of all these conversations lies a single truth.

Ready for Adoption - Meet Benso

Ready for Adoption - Meet Benso

Benso is a sweet male dog, about 2 years old, and he is now ready to find his forever home.

BARC Animal Welfare
Daily Blog: 25 June 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

Daily Blog: 25 June 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

A successful day on the water with plenty of marine life to keep us company at the dive site! 

Finding Clarity in Life: What Do You Truly Want?

Finding Clarity in Life: What Do You Truly Want?

As awareness grows, something interesting begins to happen.

Generator Hire in Gansbaai: Reliable Power When You Need It Most

Generator Hire in Gansbaai: Reliable Power When You Need It Most

Power interruptions can bring work to a standstill, disrupt events, and create costly delays. 

Coastal Hire Gansbaai
Creating Opportunities for Youth

Creating Opportunities for Youth

Today's update from Grootbos Foundation is from the Employability Team...

Grootbos Foundation
See All Articles