Geniet die see, maar…

Geniet die see, maar…

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Dis nie meer uitsonderlik om te sê dat ek hengel geniet nie. En ek praat van beide boot- en strandhengel, asook van die see in die algemeen. Maar dis veel meer as dit. Teen hierdie tyd is dit vir my ‘n manier van lewe waarsonder ek beswaarlik sal kan klaarkom.

Waarom dit van soveel waarde is is dat die mense wat saam die sport beoefen goeie vriende word en natuurlik ook deel van jou daaglikse bestaan uitmaak. Die feit dat dit hengelmaats is is natuurlik deel daarvan, maar ook hulle families word vriende en so vermeerder die kennisse. Ek dink dat een van die groot satisfaksies wat die sport jou besorg is juis, en hier verwys ek meer na die bootsituasie, die genot wat geput word  uit wat ‘n nuweling kry uit daardie eerste dag op see. Almal weet mos wat gewoonlik gebeur met so ‘n persoon se rit op woelige water! Maar dis alles deel van die hele storie en heel gou is die nuwe outjie ingeburger en skree net so hard as sy vis bo water verskyn. Dan het ek nog nie eers gekom by al die ander “voordele” nie. Hier verwys ek na die natuur en alles wat daarmee saamgaan  -- die vroeë sonsopkoms, die seewater op jou gesig, die opwinding van die vangs, en natuurlik die aangename dag waarby ingesluit is vanaf ‘n goedige gespot tot meer ernstige sake (maar ons praat mos nie uit die boot nie!).

Daar is ‘n ander kant van die storie. As jy op see uitgaan moet jy die feit aanvaar dat daar elemente is waaraan jy blootgestel gaan word en waaraan jy soms bitter min kan doen. As die onvoorsiene gebeur moet jy net nie tot die probleem bydra nie. Wat ek hier bedoel is dat jy moet seker maak van jou boot se seevaardigheid, die weer in gedagte moet hou ( moet jou nie blindstaar oor hoe veral die water op enige gegewe oomblik lyk nie, maar hoe dit dalk kan verander). ‘n Goeie waarneming sal wees, is daar enige ander bote uit? Veral wanneer  die Hardebaarde afwesig is, gaan liewer huis toe. Nog iets, probeer wegbly van die water wanneer mis aanwesig is of die sig beperk is  -- daardie allesbelangrike  GPS kan ook probleme gee, of mag dalk verkeerd aangewend word. Bly ook weg van plekke wat gevaarlik kan wees of kan word.

Die “lekkerkry” en die “pas op vir” is dalk teenstrydig maar is onlosmaaklik van mekaar, en as jy die see ten volle wil geniet moet veiligheid, kophou en respek altyd ‘n hoë prioriteit bly. Lekker dag by die see vir almal.

Groete,
Seemeeu

Geniet die see, maar…

Seemeeu

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

COMING HOME TO YOURSELF

COMING HOME TO YOURSELF

At the heart of all these conversations lies a single truth.

Ready for Adoption - Meet Benso

Ready for Adoption - Meet Benso

Benso is a sweet male dog, about 2 years old, and he is now ready to find his forever home.

BARC Animal Welfare
Daily Blog: 25 June 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

Daily Blog: 25 June 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

A successful day on the water with plenty of marine life to keep us company at the dive site! 

Finding Clarity in Life: What Do You Truly Want?

Finding Clarity in Life: What Do You Truly Want?

As awareness grows, something interesting begins to happen.

Generator Hire in Gansbaai: Reliable Power When You Need It Most

Generator Hire in Gansbaai: Reliable Power When You Need It Most

Power interruptions can bring work to a standstill, disrupt events, and create costly delays. 

Coastal Hire Gansbaai
Creating Opportunities for Youth

Creating Opportunities for Youth

Today's update from Grootbos Foundation is from the Employability Team...

Grootbos Foundation
See All Articles