Life is to Live - Life is to Discover

Life is to Live - Life is to Discover

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

In die nuutste pastelmodekleure pryk  twee wynbottels op ons tafels tydens die vrystelling van die Gansbaai Gedenkboek, met dié woorde – "Life is to Live" op die liggeel bottel en "Life is to Discover" op die blou bottel.  Onderaan beide bottels kan jy, as jy “wel ter voele” is, in braille lees dat dit Sauvignon Blanc en Merlot is.

Francois en Deonora de Jongh, het namens die Gansbaai Courant, dié besondere wyne as ‘n afskeidsgeskenk geborg.  Na 17 jaar, as stigters van die Gansbaai Courant, tree hulle uit.

Buite reflekteer die haweligte op die water.  ‘n Storm is aan’t kom, vertel die Gansbaaiers.  Binne kuier die sowat tagtig gaste, warm en gesellig.

Ek is nuut in die dorp.  Ek, Marinda van der Walt, die nuwe eienaar van Gansbaai Courant.  Dit is my eerste funksie in Gansbaai en ek voel geëerd om as gas hier te wees. 

Gansbaai was nog altyd “vakansieplek” en skielik word dit “werkplek”.

 Ek ontmoet die agbare burgemeester, die dorpsbestuurder, die skoolsekretaresse, die proefleser, die skrywers en besef net weer eens hoe bevoorreg ek is om ‘n vastrapplek hier in die pragtige Overbergse dorp te kon vind.

Plattelandse koerante lê my nog altyd na aan die hart en ek het Beeld se aanbod om na my studies vir hulle te kom werk, van die hand gewys. 

Op ‘n jonge 19-jaar was ek die redakteur van Groblersdal en Marble Hall (Mpumalanga) se Loskop Nuus.  Die uitgewer verkoop my met koerant en al aan ons opposisiekoerant – Die Daller, waar ek as advertensieverteenwoordiger optree en na baie draaie deur die Mpumalanga-provinsie as jong getroude, beland ek weer in Marble Hall en begin my eie maandblad – Die Koerier.

 Met ‘n wederhelf wie se werk onderhewig was aan verplasing, word ek genoop om my “baba” te verkoop en word ek deel van die redaksie by die Standerton Advertiser.

In 1996 open ons die deure van Platberg Foto & Studio en bring byna twintig jaar deur in Harrismith, waar ons twee kinders grootmaak.

 2016 bring vir my ‘n nuwe geleentheid met die Gansbaai Courant en ek vertrou dat ek en my redaksiespan aan ons dorp die koerant sal gee wat hom toekom.

Marinda van der Walt,
Uitgewer/ Eienaar: Gansbaai Courant

Life is to Live - Life is to Discover

Marinda van der Walt

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

COMING HOME TO YOURSELF

COMING HOME TO YOURSELF

At the heart of all these conversations lies a single truth.

Ready for Adoption - Meet Benso

Ready for Adoption - Meet Benso

Benso is a sweet male dog, about 2 years old, and he is now ready to find his forever home.

BARC Animal Welfare
Daily Blog: 25 June 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

Daily Blog: 25 June 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

A successful day on the water with plenty of marine life to keep us company at the dive site! 

Finding Clarity in Life: What Do You Truly Want?

Finding Clarity in Life: What Do You Truly Want?

As awareness grows, something interesting begins to happen.

Generator Hire in Gansbaai: Reliable Power When You Need It Most

Generator Hire in Gansbaai: Reliable Power When You Need It Most

Power interruptions can bring work to a standstill, disrupt events, and create costly delays. 

Coastal Hire Gansbaai
Creating Opportunities for Youth

Creating Opportunities for Youth

Today's update from Grootbos Foundation is from the Employability Team...

Grootbos Foundation
See All Articles