Gansies se Moedersdagwenners

Gansies se Moedersdagwenners

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Die kleuters (of dalk eerder die bestuur?) van De Kleine Gansies Kleuterskool sit nie op hul louere en wag vir fondse nie. Hulle, asook pappas en mammas, klim met harde werk in om broodnodige fondse te in. Met Moedersdag het hulle geluktrekkingslootjies teen R5 per lootjie verkoop en ‘n pragtige bedrag ingesamel. Drie gelukkige mammas of oumas het pragtige pryse gewen. Hulle is Stella Harding, Rita Viljoen en Nuraan Marthinus.

“Hierdie fondse word gebruik om opgraderings by die skool tot voordeel van die kleuters te doen,” sê JP Coetzer. “Onlangs het Valentynsdag en die Sportdag se fondse weer gehelp met die oprigting van ‘n skadunet oor die ‘Jungle’-speeltoerusting en nou wag die mure weer om geverf te word.”

Eersdaags is daar nog ‘n geleentheid vir die wen van 3 pragtige pryse - hierdie keer vir Vadersdag. Daar sal weer looitjies teen R5 verkoop word en alle pappas en oupas, ook in die gemeenskap, word uitgenooi om te koop. “Hierdie pogings van ons kan nie slaag sonder getroue borge wat ons ondersteun nie en vir wie ons opreg baie dankie wil sê,” sê JP.

Hierdie borge, vir wie die Gansies sekerlik in dankbaarheid kwaak, is: Chris en Petra van Rensburg van Gansbaai OK Foods (3 bokse sjokolade); Carien Fourie van Protea Flora (3 bosse blomme); Deidre (Didi) Scholtz van Deidre’s Nail & Beauty (3 geskenkbewyse); 3 geskenkbewyse vir hare-doen onderskeidelik van: Chantell Gericke van Snippets Haarsalon; Liezel Prinsloo van Tizelle Haarsalon; Natasha van der Berg van Hair Style Studio.  

Hardus Botha

Gansies se Moedersdagwenners

Hardus Botha

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Under the Microscope: Must Love Ants!

Under the Microscope: Must Love Ants!

Meet Paramixogaster acantholepidis, a rare hoverfly with a fascinating connection to ants. 

Grootbos Foundation
From Fresh Eggs to Chicken Manure

From Fresh Eggs to Chicken Manure

Update from the Entrepreneurship Programme: This is Phakama, who sells freshly laid eggs in Pearly Beach.

Grootbos Foundation
Why You Don't Need to Explain Yourself When You Say No

Why You Don't Need to Explain Yourself When You Say No

You never validate YES. Why do you want to validate NO?

Daily Blog: 29 September 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

Daily Blog: 29 September 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

What an amazing day out at sea with multiple Bronze whaler sharks, southern right whales and Cape fur seals! 

A Little Candlelight Goes a Long Way

A Little Candlelight Goes a Long Way

A little warmth for your home.

October is Breast Cancer Awareness Month

October is Breast Cancer Awareness Month

At Pam Golding Properties Gansbaai, we believe in building strong foundations in our homes...

See All Articles