Pinkstermaal

Pinkstermaal

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Verlede week se gebruiklike Week van Pinksterdienste in die NG-gemeente (Gansbaai, Pearly Beach en Baardskeerdersbos) is om die beurt deur ds Dirk van Dyk, ds Willie Kotze en ds Lourens van der Westhuizen aangebied.

Ds Van der Westhuizen en past Bongenkosi (Bongi) Mthembu het spesiaal vanaf die Makhathini-vlaktes in die noorde van KwaZulu-Natal (ou Noord-Zululand) na Gansbaai gekom om deel van die verrigtinge te vorm, met past Bongi wat ‘n besonderse bydrae deur middel van sy persoonlike getuienisse gelewer het. Lourens het ook met die vertoon van foto's hulle werksaamhede op die Makhathini-vlaktes passievol geïllustreer en aangedui hoe groot die nood daar is, asook hoe dankbaar die mense van daardie streek is vir die enorme werk wat daar gedoen word.

Spanne van die NG-gemeente se Uitreikaksie onder leiding van Johan Hulme, het al verskeie kerke op die Makhathini-vlaktes gaan bou, asook onderhoud daar gedoen, met vele klerasie en speelgoed wat telkens saamgeneem is. Die knap NG-Kerkkoor onder leiding van Aletta Löchner en met orrelbegeleiding deur Annelene Reinke, het Vrydagaand en Sondagoggend verdere luisterrykheid aan die verrigtinge in die kerk verleen.

Die dames van die onderskeie wyke het saans na afloop van die dienste vir heerlike verversings gesorg, met die Vroue-aksie onder leiding van Elcine Hulme wat met Vrydagaand se Pinkstermaal vir nege verskillende potte met heerlike sop, asook ‘n lywige broodtafel in ‘n volgepakte Pretoriussaal met prag-versierde tafels, gesorg het. ‘n Groep van Laerskool Gansbaai se Gr 4-7 leerders het enkele pragtige opgewekte geestelike liedere in die saal gesing.

Hardus Botha

Pinkstermaal

Hardus Botha

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Under the Microscope: Must Love Ants!

Under the Microscope: Must Love Ants!

Meet Paramixogaster acantholepidis, a rare hoverfly with a fascinating connection to ants. 

Grootbos Foundation
From Fresh Eggs to Chicken Manure

From Fresh Eggs to Chicken Manure

Update from the Entrepreneurship Programme: This is Phakama, who sells freshly laid eggs in Pearly Beach.

Grootbos Foundation
Why You Don't Need to Explain Yourself When You Say No

Why You Don't Need to Explain Yourself When You Say No

You never validate YES. Why do you want to validate NO?

Daily Blog: 29 September 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

Daily Blog: 29 September 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

What an amazing day out at sea with multiple Bronze whaler sharks, southern right whales and Cape fur seals! 

A Little Candlelight Goes a Long Way

A Little Candlelight Goes a Long Way

A little warmth for your home.

October is Breast Cancer Awareness Month

October is Breast Cancer Awareness Month

At Pam Golding Properties Gansbaai, we believe in building strong foundations in our homes...

See All Articles