‘n Harde les om te leer

‘n Harde les om te leer

Gansbaai Courant

Verskoon asseblief indien jy al van hierdie episode verneem het. Dit het wel gebeur  --  jare terug. Ek wil graag hier vertel wat werklik plaasgevind het.

Die vrou het my gevra of ek vir haar en haar twee dogters met die boot sou uitneem see toe. Hulle hou van die see maar kry nie veel kans om dit te geniet nie. Sy sê ook dat haar een dogter, kom ons noem haar Meisie, se verloofde ook baie graag sal wil saamgaan. Ek het nie ‘n probleem daarmee gehad nie en aangesien die volgende dag ideaal sou wees  het ons besluit om die oggend op Gansbaaihawe byeen te kom.

Die sonnetjie het al kop uitgesteek toe ons op ‘n windstil dag koers kry Punt se kant toe. Hulle het opgewonde alles in sig bespreek, baie gelag en ek kon sien dit gaan baie lekker. Dit was so halfpad Punt se kant toe toe die ma my in die oor kom fluister dat Meisie ‘n blaasprobleem ontwikkel. Ek het dadelik aangebied om om te draai, maar daarvan wou sy niks weet nie. Hulle geniet die ondervinding baie en die meisiekind se storie is nog nie so ernstig nie. Goed, ons hou toe aan. Ek let ook op dat die ou en sy verloofde baie erg oor mekaar is en daar word kort-kort so gevat-vat en gedruk. Ek voorsien nie enige haakplek nie.

Kort voor die lighuis draai ons toe om en ons kry koers terug Gansbaai toe. Ek loer so vir Meisie maar sy lyk heel op haar gemak. Ons stoot aan en dis net duskant Gansbaai-hawe dat die ma my weer nader en dié keer sê sy dat daar nou groot moeilikheid is. Meisie kan dit nie meer hou nie, kan ek dalk ‘n plan maak? Ek het al baie dametjies op die boot gehad en weet wat om te doen. Ek stop die boot dadelik en gee die ma ‘n oliebaadjie en ’n emmer. Die baadjie moet as ‘n skerm gebruik word terwyl die emmer sy eie doel sal dien. Ek sal albei motors aan die gang hou en haar kêrel kan voor by my kom staan. Terwyl ons noord kyk en met die geraas van die motors sal ons mansmense niks sien of kan hoor nie. Dit moet mos werk! So gesê, so gedaan. Terwyl die vroumense dinge beredder gesels ek lekker met die kêrel  --  of so het ek gedink. Skielik was hy weg en hy beweeg toe na agter waar hy, reken ek, wou verneem of alles volgens plan verloop. Maar hy gebruik sommer sy kans en besluit om oor die skerm te loer, seker om te kyk hoe werk dinge. Dis toe die suster hom so hard klap dat ek seker was die man se tande sou nooit weer behoorlik op mekaar pas nie!

Ek dink die les wat hy geleer het was dat hierdie kwaai aanstaande skoonsuster van hom in die toekoms seker sal maak dat hy nie skeeftrap nie.  Groete, Seemeeu

‘n Harde les om te leer

Seemeeu

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Stay Close to Gansbaai Harbour: Relax at N०1 Harbour Way!

Stay Close to Gansbaai Harbour: Relax at N०1 Harbour Way!

Enjoy a relaxing stay at N०1 Harbour Way, just a short walk from the Gansbaai Harbour. 

N०1 Harbour Way
Explore SMEG's Retro Kitchen Collection!

Explore SMEG's Retro Kitchen Collection!

Upgrade your kitchen with S Herholdt and SMEG's Retro Kitchen style!  

S Herholdt
Ontdek Zimbabwe en Botswana (Deel 11)

Ontdek Zimbabwe en Botswana (Deel 11)

In Deel 11 gaan ons voort met die twee egpare, Fanie en Judy Bothma van Franskraal en Dolf en Elna Nel van Saldanha.

Gans-Berg Nuus / News
Custom Irrigation Solutions for Your Garden's Water Needs!

Custom Irrigation Solutions for Your Garden's Water Needs!

A well-watered garden is a happy garden!

Eco-Flo Irrigation
Transform Your Kitchen with S Heroldt and SMEG: Premium Luxury Kitchen

Transform Your Kitchen with S Heroldt and SMEG: Premium Luxury Kitchen

Revamp your kitchen with S Heroldt and SMEG!

S Herholdt
Draft AGM Minutes - 22 March 2024

Draft AGM Minutes - 22 March 2024

We're pleased to share the draft minutes of our Annual General Meeting held on March 22, 2024. 

See All Articles