Groot omstredenheid was die toppunt tussen Black Leaves van Gansbaai en Atlantis van Hermanus tydens die wedstryd in Hermanus waar altwee die Baai se spanne verloor het.
Veral Black Leaves se A-span het lelik in die slagyster getrap. Al die wedstrydfaktore was teen die Baai, soveel so, dat ‘n sekere persentasie van Hermanus saam met Gansbaai gehuil het van die pyn en vernedering wat hulle moes smaak.
Om hierdie wedstryd te beskryf soos dit plaasgevind het, kan dalk net suur druiwe ontketen, want die uwe het glad nie ‘n goeie pen hiervoor nie. Laat die Baai dan maar hiervan kennis neem om in die toekoms in sulke omstandighede meer as 100% op te daag en nie die winkel vroeg al toemaak nie. Wanneer jy die omstandighede kan klop, sal die telbord altyd in jou guns wees. Daar kan verwag word dat die Baai behoorlik rekenskap van hulself sal gee wanneer Grabouw komende Saterdag hier sal opdaag. Samuel Jacobs (amzi), Neville Titus, Juan Lewis, Semmy Titus: Jul teenwoordigheid word waardeer.
So sê “Bra G”