Prof Herskep Nepal-Roete

Prof Herskep Nepal-Roete

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Leon Hugo van Franskraal het pas teruggekeer van Nepal.  Hy beskou dit as ‘n groot eer, deurdat die Great Himalaya Trails-organisasie hom genooi het om ‘n verslag saam te stel oor dié land se voetslaanpaaie.  Dit, nadat dit ineengestort het na die impak van hewige aardbewings verlede jaar. 

“In kort kom my besoek aan Nepal se Great Himalaya Trails daarop neer om ‘n verslag saam te stel wat neerkom op ‘n nuwe strategie vir verbetering en hoe hulle voetslaanpaaie behoort te lyk,” vertel die professor van Franskraal. “Staproetes was hulle grootste bron van inkomste op die gebied van toerisme.”

Hy het op versoek ‘n ondersoek daar gaan loods om hulle staproetes, ná die negatiewe impak van die aardbewing, sodanig te herstel dat hulle as ‘n geakkrediteerde lid van die Green Flag Trail beskou kan word. Leon het vanaf 3 Mei, twee weke daar spandeer.  Hy het soveel as moontlik staproetes gestap ten einde met ‘n haalbare strategiese plan vir die herstel van alle roetes vorendag te kom.

Sy enorme verslag rakende aanbevelings oor die algehele herstel van die staproetes is nou sy volgende groot taak wat gefinaliseer moet word. Die keerdatum is om die draai - einde Junie! Die hoofdoel vir Nepal se stadsvaders met dié verslag is om weer soos voorheen op die Internasionale voetslaanmark in te beweeg - iets wat hulle ná die aardbewing verloor het. Nepal, met die Himalaya bergreeks in die agtergrond, asook die bekende Mount Everest,  is tussen Indië in die suide en China in die noorde gesetel. Dit is daar waar ‘n aardbewing in 2015 die lewens van sowat 6,000+ mense geëis en etlike dorpies vernietig het.  

Die voetslaanpaaie daar is nie die bekende smal paadjies soos in Suid-Afrika nie, maar veel breër  wat as bedrywige handelsroetes tussen die dorpies dien, met pakdiere wat die handelsware vervoer.

Leon (74) was tot en met sy aftrede sowat 10 jaar gelede ‘n professor in Geografie aan die Universiteit van Pretoria.   Hy was 15 jaar gelede ‘n stigterslid van Voetslaan Suid-Afrika, ‘n oorkoepelende organisasie vir die voetslaan-industrie. Binne die sisteem van Voetslaan Suid-Afrika het Leon ‘n stelsel, genaamd Green Flag Trails by die Universiteit van Pretoria ontwerp. Dit bevat gedetailleerde inligting van staproetes en bied voornemende voetslaners die geleentheid om na eie voorkeure staproetes uit te soek.  Dit word reeds in ses lande in die Suidelike Halfrond toegepas. Hy het ook in 2003 ‘n boek oor staproetes geskryf, nl. Getaway Guide to Hiking Trails & Day Walks in South Africa, asook ‘n boek, Environmental Management, wat tot op hede steeds deur Universiteite voorgeskryf word.

Hardus Botha

Prof Herskep Nepal-Roete

Hardus Botha

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Under the Microscope: Must Love Ants!

Under the Microscope: Must Love Ants!

Meet Paramixogaster acantholepidis, a rare hoverfly with a fascinating connection to ants. 

Grootbos Foundation
From Fresh Eggs to Chicken Manure

From Fresh Eggs to Chicken Manure

Update from the Entrepreneurship Programme: This is Phakama, who sells freshly laid eggs in Pearly Beach.

Grootbos Foundation
Why You Don't Need to Explain Yourself When You Say No

Why You Don't Need to Explain Yourself When You Say No

You never validate YES. Why do you want to validate NO?

Daily Blog: 29 September 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

Daily Blog: 29 September 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

What an amazing day out at sea with multiple Bronze whaler sharks, southern right whales and Cape fur seals! 

A Little Candlelight Goes a Long Way

A Little Candlelight Goes a Long Way

A little warmth for your home.

October is Breast Cancer Awareness Month

October is Breast Cancer Awareness Month

At Pam Golding Properties Gansbaai, we believe in building strong foundations in our homes...

See All Articles