Prof Herskep Nepal-Roete

Prof Herskep Nepal-Roete

Gansbaai Courant

Leon Hugo van Franskraal het pas teruggekeer van Nepal.  Hy beskou dit as ‘n groot eer, deurdat die Great Himalaya Trails-organisasie hom genooi het om ‘n verslag saam te stel oor dié land se voetslaanpaaie.  Dit, nadat dit ineengestort het na die impak van hewige aardbewings verlede jaar. 

“In kort kom my besoek aan Nepal se Great Himalaya Trails daarop neer om ‘n verslag saam te stel wat neerkom op ‘n nuwe strategie vir verbetering en hoe hulle voetslaanpaaie behoort te lyk,” vertel die professor van Franskraal. “Staproetes was hulle grootste bron van inkomste op die gebied van toerisme.”

Hy het op versoek ‘n ondersoek daar gaan loods om hulle staproetes, ná die negatiewe impak van die aardbewing, sodanig te herstel dat hulle as ‘n geakkrediteerde lid van die Green Flag Trail beskou kan word. Leon het vanaf 3 Mei, twee weke daar spandeer.  Hy het soveel as moontlik staproetes gestap ten einde met ‘n haalbare strategiese plan vir die herstel van alle roetes vorendag te kom.

Sy enorme verslag rakende aanbevelings oor die algehele herstel van die staproetes is nou sy volgende groot taak wat gefinaliseer moet word. Die keerdatum is om die draai - einde Junie! Die hoofdoel vir Nepal se stadsvaders met dié verslag is om weer soos voorheen op die Internasionale voetslaanmark in te beweeg - iets wat hulle ná die aardbewing verloor het. Nepal, met die Himalaya bergreeks in die agtergrond, asook die bekende Mount Everest,  is tussen Indië in die suide en China in die noorde gesetel. Dit is daar waar ‘n aardbewing in 2015 die lewens van sowat 6,000+ mense geëis en etlike dorpies vernietig het.  

Die voetslaanpaaie daar is nie die bekende smal paadjies soos in Suid-Afrika nie, maar veel breër  wat as bedrywige handelsroetes tussen die dorpies dien, met pakdiere wat die handelsware vervoer.

Leon (74) was tot en met sy aftrede sowat 10 jaar gelede ‘n professor in Geografie aan die Universiteit van Pretoria.   Hy was 15 jaar gelede ‘n stigterslid van Voetslaan Suid-Afrika, ‘n oorkoepelende organisasie vir die voetslaan-industrie. Binne die sisteem van Voetslaan Suid-Afrika het Leon ‘n stelsel, genaamd Green Flag Trails by die Universiteit van Pretoria ontwerp. Dit bevat gedetailleerde inligting van staproetes en bied voornemende voetslaners die geleentheid om na eie voorkeure staproetes uit te soek.  Dit word reeds in ses lande in die Suidelike Halfrond toegepas. Hy het ook in 2003 ‘n boek oor staproetes geskryf, nl. Getaway Guide to Hiking Trails & Day Walks in South Africa, asook ‘n boek, Environmental Management, wat tot op hede steeds deur Universiteite voorgeskryf word.

Hardus Botha

Prof Herskep Nepal-Roete

Hardus Botha

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

1 May 2024: Afval Pot and Skaap Pot

1 May 2024: Afval Pot and Skaap Pot

Come join us on 1 May 2024 for a tasty meal featuring our Afval Pot and Skaap Pot.

Ontdek Zimbabwe en Botswana (Deel 12)

Ontdek Zimbabwe en Botswana (Deel 12)

In Deel 12 sluit ons af met die twee egpare, Fanie en Judy Bothma van Franskraal en Dolf en Elna Nel van Saldanha...

Gans-Berg Nuus / News
Deadly Death Cap Mushroom

Deadly Death Cap Mushroom

Behold the Death Cap mushroom which was spotted in the Walker Bay Fynbos Conservancy. 

Grootbos Foundation
Front-Row Seats to Breathtaking Sunsets in the Gansbaai Harbour

Front-Row Seats to Breathtaking Sunsets in the Gansbaai Harbour

Experience the breathtaking sunsets of Gansbaai at N०1 Harbour Way!

N०1 Harbour Way
Deadly Death Cap Mushroom

Deadly Death Cap Mushroom

Behold the Death Cap mushroom which was spotted in the Walker Bay Fynbos Conservancy. 

Overstrand Tourism Diary: Weekend Events Schedule

Overstrand Tourism Diary: Weekend Events Schedule

Check out the latest Overstrand Tourism Diary for a weekend full of fun activities! 

See All Articles