Grootwithaai borg Ambulans

Grootwithaai borg Ambulans

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Gelukkig is die borgskap nie letterlik vanaf mnr Grootwithaai nie, maar wel deur Brian McFarlane van Great White Shark Tours in Kleinbaai hawe.

“Ons een ambulans is einde verlede jaar al volledig herstel, maar weens ‘n gebrek aan fondse kon dit nie afgehaal word nie,” vertel Riaan Buys van Overstrand Medical Response. “Ons het Brian McFarlane van Great White Shark Tours genader met ‘n voorstel dat ons bepaalde dienste aan die firma beskikbaar sal stel in ruil vir ‘n borgskap.” Brain het die borgskap, ‘n aansienlike bedrag, toegestaan en gesê dit gaan vir hom daaroor dat Overstrand Medical Response uitstekende dienste vir die gemeenskap lewer en dat hy graag op hierdie wyse by hulle betrokke wou raak.

Overstrand Medical Response van Cassie Carstens en Riaan Buys is lankal reeds ‘n pertinente deel van die gemeenskap met vinnige en effektiewe mediese dienste wat deur hulle beskikbaar gestel word. Naas Cassie en Riaan, bestaan die span tans uit Chantelle Colyn, Chantell Carstens en ‘n vrywilliger, Henk Weyers. Dan is daar twee ambulanse (een tans buite werking), asook twee noodvoertuie. Vir etlike voordelige voordele, kan die span vir permanente lidmaatskap deur gemeenskapslede gekontak word - teen ‘n minimale maandelikse lidmaatskapfooi van R100. Die aanvanklike eenmalige R50 administratiewe bedrag is met ingang van 1  Mei 2016 om bepaalde en gemotiveerde redes na R200 verhoog. Die res van hulle vele voordele met lidmaatskap is onveranderd gelaat.

Overstrand Medical Response het in 2009 tot stand gekom en het intussen van krag tot krag gegroei - ‘n ware aanwins vir Gansbaai en omgewing, Pearly Beach, Baardskeerdersbos, Stanford en die plaasgemeenskappe.  Etlike suksesvolle noodhulpkursusse is ook reeds deur hulle aangebied. “Ons hele span is opreg dankbaar vir hierdie borgskap en kan nou die probleem met die ander ambulans aanpak,” het Riaan gesê.

Overstrand Medical Response se noodnommer is 078-699-6995, maar vir navrae kan Riaan Buys of Cassie Carstens by 083-363-1881 gesksakel word, of stuur ‘n e-pos aan hulle by overstrandmedics@gmail.com.

Hardus Botha

Grootwithaai borg Ambulans

Hardus Botha

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Under the Microscope: Must Love Ants!

Under the Microscope: Must Love Ants!

Meet Paramixogaster acantholepidis, a rare hoverfly with a fascinating connection to ants. 

Grootbos Foundation
From Fresh Eggs to Chicken Manure

From Fresh Eggs to Chicken Manure

Update from the Entrepreneurship Programme: This is Phakama, who sells freshly laid eggs in Pearly Beach.

Grootbos Foundation
Why You Don't Need to Explain Yourself When You Say No

Why You Don't Need to Explain Yourself When You Say No

You never validate YES. Why do you want to validate NO?

Daily Blog: 29 September 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

Daily Blog: 29 September 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

What an amazing day out at sea with multiple Bronze whaler sharks, southern right whales and Cape fur seals! 

A Little Candlelight Goes a Long Way

A Little Candlelight Goes a Long Way

A little warmth for your home.

October is Breast Cancer Awareness Month

October is Breast Cancer Awareness Month

At Pam Golding Properties Gansbaai, we believe in building strong foundations in our homes...

See All Articles