Skenking vir Mossie

Dave Mostert (Mossie), bekende gestremde in Gansbaai, was onlangs so gelukkig as om R30 000 te ontvang vir toerusting om hom te help om gemakliker in en uit sy kombi te kan kom.

Die geld is tydens ‘n veiling wat sy neef, Willa de Jager van WP Waterproofing in Brackenfell, in samewerking met The Palms Pub & Grill gereël het, ingesamel. “Ons reël een keer per jaar ‘n veiling van getekende Stormers-items vir twee liefdadigheidsorganisasies en vanjaar het ek besluit om ‘n deel daarvan aan Mossie te skenk,” het Willa gesê.

Op die foto ontvang Mossie sy tjek van Willa (regs) in die Seaview Hotel in Gansbaai.

Dave Mostert (Mossie), bekende gestremde in Gansbaai, was onlangs so gelukkig as om R30 000 te ontvang vir toerusting om hom te help om gemakliker in en uit sy kombi te kan kom. Die geld is tydens ‘n veiling wat sy neef, Willa de Jager van WP Waterproofing in Brackenfell, in samewerking met The Palms Pub & Grill gereël het, ingesamel. “Ons reël een keer per jaar ‘n veiling van getekende Stormers-items vir twee liefdadigheidsorganisasies en vanjaar het ek besluit om ‘n deel daarvan aan Mossie te skenk,” het Willa gesê. Op die foto ontvang Mossie sy tjek van Willa (regs) in die Seaview Hotel in Gansbaai.