Wingerdvrug geselligheid

Wingerdvrug geselligheid

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

“Wingerdvrug geselligheid” is die leuse tydens Gansbaai Wynproegilde se maandelikse byeenkomste.

Die aanbieder, JM Crafford (witwynmaker) van Stettyn Wynkelder is deur voorsitter Theuns Roodman aan die woord gestel en ‘n puik wynproe-aanbieding met uitstaande wyne het gevolg. JM is oorspronklik van Darling, Swartland en voltooi sy studies aan die Universiteit van Stellenbosch.

Daarna spandeer hy twee jaar in die VSA (Tombauer Vineyards), ses maande in Australië (Victoria-Michelton Wines) en drie jaar by Riebeeck Kelders as assistant wynmaker.

In 2012 sluit hy as witwynmaker by Stettyn Wynkelder aan, tussen Villiersdorp en Worcester, aan die oostelike berghange van die Klein Drakenstein bergreeks. “Ons verkies kwaliteit eerder as kwantiteit,” het JM gesê. Die gaste is bederf met ‘n smaaklike Straw Wine  (2011) as “voorgereg”. Daarna volg Pinot Grigio (2016), Sauvignon Blanc (2016), Merlot (2014), Cabernet Sauvignon (2014) en Shiraz (2014), met ‘n duursame Cape Vintage Port (2008) as “nagereg”. Die lede en gaste het deurgaans ‘n sterk silwer aan die onderskeie wyne toegeken, met goud vir die Merlot. Die wynproe-aand is by McClarke’s, The Hide-Away aangebied, met Marins McClarke wat haarself oortref het met ‘n hoender Corden Bleu, soet-suur vark, rys, gebraaide aartappels en groentes. Haar dogter, Margie het vir flink bediening gesorg. Theuns en Marlene van der Walt het die gebruiklike blyk van waardering, ‘n Gansbaai Wynproegilde voorskoot aan JM oorhandig.

Vir navrae rakende Gansbaai Wynproegilde kan Amanda de Vries by 028-388-0708 of 082-577-6920 geskakel word, of stuur ‘n e-pos aan haar by info@franskraalbandb.co.za.

Hardus Botha

Wingerdvrug geselligheid

Hardus Botha

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

COMING HOME TO YOURSELF

COMING HOME TO YOURSELF

At the heart of all these conversations lies a single truth.

Ready for Adoption - Meet Benso

Ready for Adoption - Meet Benso

Benso is a sweet male dog, about 2 years old, and he is now ready to find his forever home.

BARC Animal Welfare
Daily Blog: 25 June 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

Daily Blog: 25 June 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

A successful day on the water with plenty of marine life to keep us company at the dive site! 

Finding Clarity in Life: What Do You Truly Want?

Finding Clarity in Life: What Do You Truly Want?

As awareness grows, something interesting begins to happen.

Generator Hire in Gansbaai: Reliable Power When You Need It Most

Generator Hire in Gansbaai: Reliable Power When You Need It Most

Power interruptions can bring work to a standstill, disrupt events, and create costly delays. 

Coastal Hire Gansbaai
Creating Opportunities for Youth

Creating Opportunities for Youth

Today's update from Grootbos Foundation is from the Employability Team...

Grootbos Foundation
See All Articles