Wat doen jy? Leef jy of bekommer jy jou oor alles?

Wat doen jy? Leef jy of  bekommer jy jou oor alles?

Gansbaai Courant

“Daarom sê Ek vir julle: Moet julle nie bekommer oor julle lewe, oor wat julle moet eet of drink nie, of oor julle liggaam, oor wat julle moet aantrek nie. Is die lewe  nie  belangriker as kos en die liggaam as klere nie?” (Mat 6:25)  “Nee, beywer julle allereers vir die koninkryk van GOD en vir die wil van GOD, dan sal Hy julle ook al hierdie dinge gee. Moet julle dus nie oor môre bekommer nie, want môre bring sy eie bekommernis. Elke dag bring genoeg moeilikheid van sy eie.” (Mat 6:33,34) 

Ek wonder of daar ’n sonde is waarteen Jesus Sy dissipels meer en ernstiger gewaarsku het as hierdie een: Die sonde van bekommernis oor môre en wat jy sal eet, drink en aantrek.  (of vir ons tyd: Gaan ek eendag as ek oud is genoeg geld hê om gemaklik te lewe; wat gaan van ons land word; gaan my kinders eendag in hierdie wêreld van vandag kan oorleef; en so kan jy aangaan met bekommernisse op bekommernisse oor die toekoms!)

Kom ons gaan kyk net weer wat Jesus aan Sy dissipels geleer het in die Bergpredikasie – en dan ook in hierdie gedeelte van Matteus 6:25-34. Hy begin in Matteus 5:3 met die eerste woorde: “Gelukkig is die armes van gees/die wat weet hoe afhanklik hulle van GOD is -  want aan hulle behoort die koninkryk van die hemel.”

Dit is presies wat Jesus ook ’n paar keer sê  in die gedeelte oor die bekommernisse van die lewe. “Hou op om jou te bekommer – want julle Hemelse Vader sorg vir julle soos wat Hy vir die voëls van die veld sorg!” (Mat 6:26) Lees dit weer en onthou dit: GOD sorg vir jou soos Hy vir die voëls van die veld sorg. Het jy al ooit ’n voël op ’n tak gesien wat hom sit en bekommer?  

Nee, hulle is die hele dag besig om ywerig kos te soek en besig te bly met hulle lewenstaak. Wat is die lewensles wat jy by voëls kan leer: Word wakker die oggend en begin met jou dag: Werk, soek kos en doen wat jy kan. Elke dag dieselfde. Wees besig met wat jou hand vind om te doen en môre sal vir homself sorg. Jy kan niks aan die toekoms verander deur jou daaroor te bekommer nie. GOD is in beheer – en Hy sal sorg dat dinge uitwerk soos wat dit in Sy groot Plan bedoel is. Jou opdrag is om besig te bly met jou daaglikse take en goed te doen waar jy kan en aan wie jy kan. Dit sal beslis aan jou groter vreugde en vrede bring as al jou tydmors met gedagtes van bekommernis oor die toekoms.

Doen wat Jesus vra: Soek die koninkryk van GOD en Sy Wil vir jou lewe – en GOD sal vir die res sorg. Begin leef jong! Jy mis ’n groot stuk lewensvreugde!

Wat doen jy? Leef jy of  bekommer jy jou oor alles?

Ds Deon Kloppers

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Embracing True Happiness: Finding Peace Within

Embracing True Happiness: Finding Peace Within

Can you experience pure happiness in this moment, without any external factors affecting it?

Jaarlikse Ope-dag Bonanza Visvangkompetisie

Jaarlikse Ope-dag Bonanza Visvangkompetisie

Die boothengelkompetisie van 30 April 2024 wat deur die bestuur van die Birkenhead Boothengelklub gereël is, verskil so 'ietwat' van die klub se gewone maandelikse kompetisies.

Gans-Berg Nuus / News
Empowering Entrepreneurs with Grootbos Foundation Mentorship

Empowering Entrepreneurs with Grootbos Foundation Mentorship

Exciting update from our Entrepreneurship Programme and Enterprise Development at Grootbos Foundation!

Grootbos Foundation
Transform Your Business Space with Paint

Transform Your Business Space with Paint

Paint plays a pivotal role in setting the tone and ambience of commercial spaces, from cosy cafes to bustling stores and elegant restaurants.

Join Us in Protecting Pearly Beach!

Join Us in Protecting Pearly Beach!

The Pearly Beach Ratepayers Association works to keep Pearly Beach beautiful and safe.

Fenominale Franskraler - Natalie Louw

Fenominale Franskraler - Natalie Louw

Skilder, skrywer, digter, beeldhouer, fotograaf, skut, liefde vir renmotors, Kayalami-ritte, blinde navigasie betrokkenheid, landloop-skeidregter, vryskutjoernalis, rubriekskrywer...

Gans-Berg Nuus / News
See All Articles