Wat doen jy? Leef jy of bekommer jy jou oor alles?

Wat doen jy? Leef jy of  bekommer jy jou oor alles?

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

“Daarom sê Ek vir julle: Moet julle nie bekommer oor julle lewe, oor wat julle moet eet of drink nie, of oor julle liggaam, oor wat julle moet aantrek nie. Is die lewe  nie  belangriker as kos en die liggaam as klere nie?” (Mat 6:25)  “Nee, beywer julle allereers vir die koninkryk van GOD en vir die wil van GOD, dan sal Hy julle ook al hierdie dinge gee. Moet julle dus nie oor môre bekommer nie, want môre bring sy eie bekommernis. Elke dag bring genoeg moeilikheid van sy eie.” (Mat 6:33,34) 

Ek wonder of daar ’n sonde is waarteen Jesus Sy dissipels meer en ernstiger gewaarsku het as hierdie een: Die sonde van bekommernis oor môre en wat jy sal eet, drink en aantrek.  (of vir ons tyd: Gaan ek eendag as ek oud is genoeg geld hê om gemaklik te lewe; wat gaan van ons land word; gaan my kinders eendag in hierdie wêreld van vandag kan oorleef; en so kan jy aangaan met bekommernisse op bekommernisse oor die toekoms!)

Kom ons gaan kyk net weer wat Jesus aan Sy dissipels geleer het in die Bergpredikasie – en dan ook in hierdie gedeelte van Matteus 6:25-34. Hy begin in Matteus 5:3 met die eerste woorde: “Gelukkig is die armes van gees/die wat weet hoe afhanklik hulle van GOD is -  want aan hulle behoort die koninkryk van die hemel.”

Dit is presies wat Jesus ook ’n paar keer sê  in die gedeelte oor die bekommernisse van die lewe. “Hou op om jou te bekommer – want julle Hemelse Vader sorg vir julle soos wat Hy vir die voëls van die veld sorg!” (Mat 6:26) Lees dit weer en onthou dit: GOD sorg vir jou soos Hy vir die voëls van die veld sorg. Het jy al ooit ’n voël op ’n tak gesien wat hom sit en bekommer?  

Nee, hulle is die hele dag besig om ywerig kos te soek en besig te bly met hulle lewenstaak. Wat is die lewensles wat jy by voëls kan leer: Word wakker die oggend en begin met jou dag: Werk, soek kos en doen wat jy kan. Elke dag dieselfde. Wees besig met wat jou hand vind om te doen en môre sal vir homself sorg. Jy kan niks aan die toekoms verander deur jou daaroor te bekommer nie. GOD is in beheer – en Hy sal sorg dat dinge uitwerk soos wat dit in Sy groot Plan bedoel is. Jou opdrag is om besig te bly met jou daaglikse take en goed te doen waar jy kan en aan wie jy kan. Dit sal beslis aan jou groter vreugde en vrede bring as al jou tydmors met gedagtes van bekommernis oor die toekoms.

Doen wat Jesus vra: Soek die koninkryk van GOD en Sy Wil vir jou lewe – en GOD sal vir die res sorg. Begin leef jong! Jy mis ’n groot stuk lewensvreugde!

Wat doen jy? Leef jy of  bekommer jy jou oor alles?

Ds Deon Kloppers

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

COMING HOME TO YOURSELF

COMING HOME TO YOURSELF

At the heart of all these conversations lies a single truth.

Ready for Adoption - Meet Benso

Ready for Adoption - Meet Benso

Benso is a sweet male dog, about 2 years old, and he is now ready to find his forever home.

BARC Animal Welfare
Daily Blog: 25 June 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

Daily Blog: 25 June 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

A successful day on the water with plenty of marine life to keep us company at the dive site! 

Finding Clarity in Life: What Do You Truly Want?

Finding Clarity in Life: What Do You Truly Want?

As awareness grows, something interesting begins to happen.

Generator Hire in Gansbaai: Reliable Power When You Need It Most

Generator Hire in Gansbaai: Reliable Power When You Need It Most

Power interruptions can bring work to a standstill, disrupt events, and create costly delays. 

Coastal Hire Gansbaai
Creating Opportunities for Youth

Creating Opportunities for Youth

Today's update from Grootbos Foundation is from the Employability Team...

Grootbos Foundation
See All Articles