HaS nader halftyd vir 2016

HaS nader halftyd vir 2016

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

 “Herberg-aan-See Tehuis vir Bejaardes nader nou vinnig 2016 se halfpadmerk,” sê John van Rooyen, Bestuurder. “Dan raak dit gewoonlik tyd om weer eens en nogmaals opreg dankie te sê aan ons vele borge, donateurs, vrywillige werkers, individue, ondersteuners, Gansbaai Goue Hande en die Beheerraad.”

John het ook enkele nuusberiggies verskaf. Suster Neolene Kleyn is met ingang van 1 Maart 2016 as Assistant Bestuurder aangestel. Daar is onbaatsugtige werk van Gansbaai Goue Hande verskaf onder die bekwame leiding van Francia van Dyk: Stimulasie-oefeninge (Dalene van Dyk), sportgeleenthede (binnens- en buitenshuis), speletjiesdae, spesiale etes en ander bederfies, hare-doen, voet- en naelversorging en veel meer. Die Bietoubos Damesklub speel ook gereeld ‘n rol. Hierdie keer het hulle op inisiatief van Marie de Jager pragtige voorskote aan die Tehuis oorhandig. 

Nog twee staatmakers is Hennie en Alletta Löchner wat onbaatsugtige werk in die Tehuis se tuine verrig. Natuurlik onthou almal die jarelange “slaaf” van die Tehuis, Suster Linda Meyer, voormalige bestuurder, maar tans ‘n inwoner. Die Bestuur en Beheerraad het ook nie van hulle verpleegpersoneel op Internasionale Verpleegstersdag vergeet nie. ‘n Interessante besoeker het op 18 Mei 2016 ‘n draai kom maak. Sy is Elmarie Haniball wie se pa, Giepie van Rensburg, die Tehuis in 1973 voltooi het. John het ook ‘n ou koerantberig (onbekend) van 1972 gestuur, waarin vermeld word van goedkeuring wat verleen is om die Tehuis te bou. “Ons het etlike navrae oor die verkoop van volwasse doeke ontvang van mense wat selfs na Hermanus daarvoor moet ry,” sê John. “Ons verkoop wel die doeke hier en het ook toerusting soos rolstoele en krukke wat gehuur kan word.”

Vir verdere navrae rakende die Tehuis, kan John van Rooyen by 028-394-0501 geskakel word.

Hardus Botha

HaS nader halftyd vir 2016

Hardus Botha

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Under the Microscope: Must Love Ants!

Under the Microscope: Must Love Ants!

Meet Paramixogaster acantholepidis, a rare hoverfly with a fascinating connection to ants. 

Grootbos Foundation
From Fresh Eggs to Chicken Manure

From Fresh Eggs to Chicken Manure

Update from the Entrepreneurship Programme: This is Phakama, who sells freshly laid eggs in Pearly Beach.

Grootbos Foundation
Why You Don't Need to Explain Yourself When You Say No

Why You Don't Need to Explain Yourself When You Say No

You never validate YES. Why do you want to validate NO?

Daily Blog: 29 September 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

Daily Blog: 29 September 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

What an amazing day out at sea with multiple Bronze whaler sharks, southern right whales and Cape fur seals! 

A Little Candlelight Goes a Long Way

A Little Candlelight Goes a Long Way

A little warmth for your home.

October is Breast Cancer Awareness Month

October is Breast Cancer Awareness Month

At Pam Golding Properties Gansbaai, we believe in building strong foundations in our homes...

See All Articles