Die telling wys dat Black Leaves van Gansbaai weer 'n rillerstryd gevoer het. Ja, beslis was dit, want die Baai moes die wedstryd in die doodsnikke van die oomblik kom wen het.
Weens ander verpligtinge gedurende die dag kon die uwe darem toe betyds wees om veral 'n ogie oor die hoofwedstryd te kry vir 'n beskrywing. Met die aanbreek van die wedstryd het die Grabouwers met 'n span op die veld verskyn wat beskik het oor 'n makro agttal wat die Baai laat swaar leef het. Al manier hoe om in die prentjie te kom, moes Black Leaves se balverspreiding vinnig tot by die punte kom en vinnige aansluiting om af te rond.
Die gevolg hiervan was dat daar in die eerste vyftien minute twee prag-drieë gedruk deur Elrich Dunsdon en Allen Tobias met een verdoel deur Divvy (12-0). Grabouw gee ook rekenskap van hulself met goeie balverspreiding tot in hul regtervleuel se hande om twee van Black Leaves se verdedigers te klop vir 'n onverdoelde drie (12-5). Met die aanvang van die tweede helfte draai Grabouw die krane oop en bring die telling tot (12-20) te staan in hul guns. Black Leaves kry lank daarna kans deur 'n verdoelde drie (19-20) gedruk deur Triston Martin. Hierna, toe tyd begin uitloop, laai die spanning behoorlik op. Die laaste haas uit die hoed was toe Brendan-Lee Dickson (Divvy) slaag na drie pogings pale toe om die knoop deur te haak (22-20). Die einde daarna was onbeskryflik.
Black Leaves reis weer op 11 Junie na Kleinmond vir hul laaste eerste ronde wedstryd.
So Sê Bra "G"