Black Leaves Wen 22-20

Black Leaves Wen 22-20

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Die telling wys dat Black Leaves van Gansbaai weer 'n rillerstryd gevoer het. Ja, beslis was dit, want die Baai moes die wedstryd in die doodsnikke van die oomblik kom wen het.

Weens ander verpligtinge gedurende die dag kon die uwe darem toe betyds wees om veral 'n ogie oor die hoofwedstryd te kry vir 'n beskrywing. Met die aanbreek van die wedstryd het die Grabouwers met 'n span op die veld verskyn wat beskik het oor 'n makro agttal wat die Baai laat swaar leef het. Al manier hoe om in die prentjie te kom, moes Black Leaves se balverspreiding vinnig tot by die punte kom en vinnige aansluiting om af te rond.

Die gevolg hiervan was dat daar in die eerste vyftien minute twee prag-drieë gedruk deur Elrich Dunsdon en Allen Tobias met een verdoel deur Divvy (12-0). Grabouw gee ook rekenskap van hulself met goeie balverspreiding tot in hul regtervleuel se hande om twee van Black Leaves se verdedigers te klop vir 'n onverdoelde drie (12-5). Met die aanvang van die tweede helfte draai Grabouw die krane oop en bring die telling tot (12-20) te staan in hul guns. Black Leaves kry lank daarna kans deur 'n verdoelde drie (19-20) gedruk deur Triston Martin. Hierna, toe tyd begin uitloop, laai die spanning behoorlik op. Die laaste haas uit die hoed was toe Brendan-Lee Dickson (Divvy) slaag na drie pogings pale toe om die knoop deur te haak (22-20). Die einde daarna was onbeskryflik.

Black Leaves reis weer op 11 Junie na Kleinmond vir hul laaste eerste ronde wedstryd.

So Sê Bra "G"

Black Leaves Wen 22-20

So Sê Bra G

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

COMING HOME TO YOURSELF

COMING HOME TO YOURSELF

At the heart of all these conversations lies a single truth.

Ready for Adoption - Meet Benso

Ready for Adoption - Meet Benso

Benso is a sweet male dog, about 2 years old, and he is now ready to find his forever home.

BARC Animal Welfare
Daily Blog: 25 June 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

Daily Blog: 25 June 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

A successful day on the water with plenty of marine life to keep us company at the dive site! 

Finding Clarity in Life: What Do You Truly Want?

Finding Clarity in Life: What Do You Truly Want?

As awareness grows, something interesting begins to happen.

Generator Hire in Gansbaai: Reliable Power When You Need It Most

Generator Hire in Gansbaai: Reliable Power When You Need It Most

Power interruptions can bring work to a standstill, disrupt events, and create costly delays. 

Coastal Hire Gansbaai
Creating Opportunities for Youth

Creating Opportunities for Youth

Today's update from Grootbos Foundation is from the Employability Team...

Grootbos Foundation
See All Articles