LANGASEM JULIA

LANGASEM  JULIA

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

VREUGDE VIR JULIA 

“Die laaste end van die Comrades het ek meer gehuil as iets anders, nie van pyn nie, maar van hartseer omdat dit gelyk het my broer se seun, wat ook my peetkind is, Kennith Barlow, gaan nie binne die vereiste twaalf ure klaarmaak nie,” vertel Julia Barlow. “Trane van blydskap het geloop toe hy wel vir ‘n medalje kwalifiseer, al was dit met ‘n tyd van 12:56 - ‘n skrale vier minute voor die afsnytyd. Altwee van ons, asook sy meisie, Jess Osborn wat ons soos ‘n engel bederf het, het behoorlik gehuil van blydskap.”

Julia sê sy het haarself bederf met haar vyfstigste verjaardag met ‘n vakansie in Italië en het besluit om vir haar sestigste verjaardag op 1 Junie die Comrades aan te pak. Haar kwalifiserende tyd was elf ure, een-en-vyftig minute en sy is sommer baie trots op haar medalje. “Hierdie was my tweede Comrades, met die eerste een in 2007 wat ek in ‘n baie beter tyd voltooi het,” sê Julia. “Tans voel ek baie goed, behalwe vir seer en stywe spiere.” Julia het reeds gedurende September 2015 vir die 89 kilometer Comrades begin oefen en in Februarie vanjaar het sy vir deelname gekwalifiseer. Ondanks die sowat 22 000 deelnemers, praat Julia met groot lof van die organiseerders se puik reëlings wat deurgaans vlot verloop het.

“Ék wil baie graag almal in Gansbaai bedank vir hulle wonderlike ondersteuning, aanmoediging en gelukwense, dit het oneindig baie vir my beteken,” sê sy. “Dankie ook aan Cobus Briedenhann van Health Active vir die uitstekende spierbehandeling wat ek by hom gekry het.” Gansbaai Courant het verneem dat Simphiwe van Grootbos Foundation ook aan vanjaar se Comrades deelgeneem het, maar met die ter perse gaan van hierdie uitgawe is geen besonderhede nog ontvang nie.

Hardus Botha

LANGASEM  JULIA

Hardus Botha

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Under the Microscope: Must Love Ants!

Under the Microscope: Must Love Ants!

Meet Paramixogaster acantholepidis, a rare hoverfly with a fascinating connection to ants. 

Grootbos Foundation
From Fresh Eggs to Chicken Manure

From Fresh Eggs to Chicken Manure

Update from the Entrepreneurship Programme: This is Phakama, who sells freshly laid eggs in Pearly Beach.

Grootbos Foundation
Why You Don't Need to Explain Yourself When You Say No

Why You Don't Need to Explain Yourself When You Say No

You never validate YES. Why do you want to validate NO?

Daily Blog: 29 September 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

Daily Blog: 29 September 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

What an amazing day out at sea with multiple Bronze whaler sharks, southern right whales and Cape fur seals! 

A Little Candlelight Goes a Long Way

A Little Candlelight Goes a Long Way

A little warmth for your home.

October is Breast Cancer Awareness Month

October is Breast Cancer Awareness Month

At Pam Golding Properties Gansbaai, we believe in building strong foundations in our homes...

See All Articles