Cultivaria van Gansbaai Academia trek vol saal

Cultivaria van Gansbaai Academia trek vol saal

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Dit was goed om ons skoolhoof van Gansbaai Academia, mnr Tommy Wilson, se tevrede gesig te sien met die pragtige opkoms tydens Cultivaria. Dit was amper ‘n vol ouditorium. Met die aanbreek van die vertoning Cultivaria verlede Donderdagaand is ons voete terug aarde toe gebring deur die ongelooflike vertonings van ons talentvolle leerders in Academia. Hierdie konsert het getuig van harde werk  en gereelde, deurdagte oefening, veral deur die dansers die  “Unstoppables” en Roberto saam met Sebasitaan wat die kwaito gedoen het. Hulle was sonder weerga. Die professionaliteit  van die meeste produksies was verbasend opwindend. Dit het tonne vemaak aan die gehoor veskaf. Ons seremoniemeester mnr Gerike van Eck was net so gevat met sy spitsvondigheid.

Ons eie dramagroep se werklikeidsproduksie het die gehoor geroer. Hierdie tipe werklikheid is nogal skrik-wekkend en het enige verregaande fiksie oorskadu. Die bose Gita McGregor kon eenvoudig nie kers vashou met die konflik  tussen mnr  van Eck en Bezuidenhoudt in 7 de Laan nie. Selfs Neville (mnr Tommy Wilson) word twee  keer voor die hele gehoor geskiet. Groot was die skrik toe die uwe weer sy veskyning op die verhoog maak.

Dit is in diepe dankbaarheid en waardering wat ek wil oordra aan al die deelnemers, asook die ouers,  leerders, familie en vriende wat ons ouditorium gevul het. Met so 'n opkoms kan julle trots op julleself wees. Die produksie is aanmekaar gesit deur me Zalie.

Aspoestertjie kan maar pampoenkoekies van haar koets maak – niks of niemand kan vergelyk word met dit wat jy op die planke gesit het nie. Juffrou ons salueer jou vir hierdie professionele poging. Volgende jaar gaan ons groter.

Lank lewe Academia.

JHJ  Barnard (Flaffie)

Cultivaria van Gansbaai Academia trek vol saal

JHJ Barnard

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Under the Microscope: Must Love Ants!

Under the Microscope: Must Love Ants!

Meet Paramixogaster acantholepidis, a rare hoverfly with a fascinating connection to ants. 

Grootbos Foundation
From Fresh Eggs to Chicken Manure

From Fresh Eggs to Chicken Manure

Update from the Entrepreneurship Programme: This is Phakama, who sells freshly laid eggs in Pearly Beach.

Grootbos Foundation
Why You Don't Need to Explain Yourself When You Say No

Why You Don't Need to Explain Yourself When You Say No

You never validate YES. Why do you want to validate NO?

Daily Blog: 29 September 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

Daily Blog: 29 September 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

What an amazing day out at sea with multiple Bronze whaler sharks, southern right whales and Cape fur seals! 

A Little Candlelight Goes a Long Way

A Little Candlelight Goes a Long Way

A little warmth for your home.

October is Breast Cancer Awareness Month

October is Breast Cancer Awareness Month

At Pam Golding Properties Gansbaai, we believe in building strong foundations in our homes...

See All Articles