Biblioteek se 67 minute

Biblioteek se 67 minute

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

 “Gansbaai Biblioteek neem hierdie jaar deel aan die 67 minute projek wat die Overstrand Munisipaliteit (Gansbaai Administrasie) terugploeg in die gemeenskap,” vertel Edna van der Linde van Gansbaai Biblioteek.

“Omdat ons nie die biblioteek kan sluit en in die gemeenskap buite kan gaan werk nie, het die onderskeie biblioteke in die Overstrand besluit om saam aan een groot uitreikingsprojek te werk.”

Edna sê die 9 biblioteke in die Overstrand beoog om saam 67 komberse (vir die 67 minute) te brei en die blokkies van 20cm by 20cm aan mekaar te werk, wat dan op Mandeladag aan behoeftige mense in ons gemeenskap uitgedeel gaan word. Edna sê ook dat die Overstrandse Uitvoerende Burgemeester, Raadsdame Nicolette Botha-Guthrie die projek ondersteun.

Raadsdame Botha-Guthrie het reeds ‘n ruim skenking van wit en blou wol gemaak wat verteenwoordigend van die Overstrand is.

“Ons benodig dus nou hulp om hierdie blokkies aan mekaar vas te werk,” sê Edna. “Ons nooi die publiek uit om Woensdagoggende vanaf 09:30 by Gansbaai Biblioteek te kom inloer en te kom help om blokkies aan mekaar vas te werk.”

Edna sê hulle wil sowat 150 blokkies van hulle kant af probeer vaswerk en sal hulp in hierdie verband baie waardeer. Edna kan by 028-384-8346 in hierdie verband gekontak word.  

Hardus Botha

Biblioteek se 67 minute

Hardus Botha

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

COMING HOME TO YOURSELF

COMING HOME TO YOURSELF

At the heart of all these conversations lies a single truth.

Ready for Adoption - Meet Benso

Ready for Adoption - Meet Benso

Benso is a sweet male dog, about 2 years old, and he is now ready to find his forever home.

BARC Animal Welfare
Daily Blog: 25 June 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

Daily Blog: 25 June 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

A successful day on the water with plenty of marine life to keep us company at the dive site! 

Finding Clarity in Life: What Do You Truly Want?

Finding Clarity in Life: What Do You Truly Want?

As awareness grows, something interesting begins to happen.

Generator Hire in Gansbaai: Reliable Power When You Need It Most

Generator Hire in Gansbaai: Reliable Power When You Need It Most

Power interruptions can bring work to a standstill, disrupt events, and create costly delays. 

Coastal Hire Gansbaai
Creating Opportunities for Youth

Creating Opportunities for Youth

Today's update from Grootbos Foundation is from the Employability Team...

Grootbos Foundation
See All Articles