Die brug van sug!

Die brug van sug!

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

“In die aand, in die môre en in die middag, heeldag kla en sug ek, en Hy hoor my roep.” (Psalm 55:18)

“Die Gees staan ons ook in ons swakheid by: ons weet nie wat en hoe ons behoort te bid nie, maar die Gees self pleit vir ons met versugtinge wat nie met woorde gesê word nie.” (Rom 8:26)

Daar doen ek dit nou net weer. Sonder dat ek agterkom sug ek sommer. Ek doen dit baie. Doen jy dit ook? Ja, ons almal doen dit. As ’n stuk harde werk klaar is, dan sug ons. As ons die wedstryd verloor, sug ons. As ons span wen – sug ons ook ’n sug van verligting. As die film ’n gelukkige einde het, sug ons. My moeder het baie gesug en dan sê sy: “Ag, wêreld, wat is jou waarde tog?”

’n Sug is ’n universele taal wat almal praat. Dromers en verliefdes sug altyd. Ja, ’n sug maak ons diepste emosies bymekaar, bring ons grootste verlange na vore en kan boekdele spreek.

Geen wonder ons wil baie keer weet hoekom ons geliefdes gesug het nie. Wat het nou deur hulle gegaan? As ons ’n verwagting het van iets groots wat moet gebeur dan sug ons ook terwyl ons daaraan dink. In hierdie sin is ’n sug ’n onuitgesproke gebed – ’n fyn sug van hoop oor wat môre mag gebeur.

In die Woord van GOD is ’n sug baie keer gekoppel aan die gelowige se verlange om met GOD te praat.

“Luister tog na my woorde, HERE,  hoe ek sug.” (Psalm 5:1). “Ek dink aan GOD en ek sug.” (Psalm 77:3) GOD gee aan elke gelowige die uitnodiging om ’n deur oop te maak en in Sy teenwoordigheid te kom staan. Hierdie deur na GOD is net anderkant die brug van jou sug. Die oomblik as jy sug in GOD se teenwoordigheid stap jy oor die brug na Hom toe! Paulus sê die Heilige Gees pleit vir jou met versugtinge (diep sugte) wat nie met woorde uitgespreek kan word nie. (Rom. 8:26) Sê nou maar net daar was ’n taal met woorde wat ons nooit geleer het nie, met woorde wat net GOD kan verstaan? En sê nou maar net dat ’n sug die enigste manier was om daardie woorde na GOD oor te dra? ’n Sug neem die donker gordyn tussen ons en GOD weg en ons kan ons diepste emosie voor Hom uitstort met ’n sug!

Sug maar gerus as jy met GOD praat. Dawid het dit gedoen. Paulus het dit ook gedoen. In Romeine 8 staan dit dat die skepping  ook sug en wag dat GOD bekend sal maak wie Sy kinders is. Dink net hoe diep moes Jesus in Getsémane gesug het kort voor Sy kruisiging. In 2 Korintiërs 5:2 hoor ek hoe sug die gelowige wat hier op aarde woon en daarna verlang om saam met GOD in die hemel te wees.

 Daar doen ek dit weer!  Ek dink ek moet meer sug. Veral voor en met GOD. Dink jy nie ook so nie? Kom ons stap oor die brug na GOD toe – met ’n sug!

Die brug van sug!

Ds Deon Kloppers

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Under the Microscope: Must Love Ants!

Under the Microscope: Must Love Ants!

Meet Paramixogaster acantholepidis, a rare hoverfly with a fascinating connection to ants. 

Grootbos Foundation
From Fresh Eggs to Chicken Manure

From Fresh Eggs to Chicken Manure

Update from the Entrepreneurship Programme: This is Phakama, who sells freshly laid eggs in Pearly Beach.

Grootbos Foundation
Why You Don't Need to Explain Yourself When You Say No

Why You Don't Need to Explain Yourself When You Say No

You never validate YES. Why do you want to validate NO?

Daily Blog: 29 September 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

Daily Blog: 29 September 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

What an amazing day out at sea with multiple Bronze whaler sharks, southern right whales and Cape fur seals! 

A Little Candlelight Goes a Long Way

A Little Candlelight Goes a Long Way

A little warmth for your home.

October is Breast Cancer Awareness Month

October is Breast Cancer Awareness Month

At Pam Golding Properties Gansbaai, we believe in building strong foundations in our homes...

See All Articles