Die geheim lê in Sirkelhoeke

Die geheim lê in Sirkelhoeke

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Ek glo dat jy by enigiemand kan leer, moontlik iets nuuts of andersins hoe om dit nie te doen nie! Ook dat jy altyd op die loer moet wees in geval ‘n geleentheid hom voordoen. Wanneer jy hengel is daar altyd ‘n kans dat iets gaan opduik wat ‘n nuwe perspektief op ‘n situasie sal plaas. Daar is soveel tegnieke, soveel maniere van vang en soveel ondervindinge dat jy nooit gaan ophou leer nie. Dis ‘n feit dat ‘n Hardebaard al lankal sy ding doen en dis mos net logies dat hy op die voorpunt moet wees. Jy sál by hom leer! Dit stop egter nie daar nie. Selfs die nuwe outjie wat vlak langs jou hengel het somtyds iets by te dra. Ek weet dat jy hóm dalk baie kan leer maar sonder dat hy dit besef is die skoen dalk aan die ander voet.

Ons het silwervis gevang  --  mooies. Die verskil was dat ek, hoewel ek ook oulywe ingetel het, myne oor die algemeen nie so groot was as die man s’n langs my nie. Nou nie dat hy onervare was nie, maar waarom vaar hy skielik so goed? Daar moet ‘n rede wees  --  kan nie net suiwer geluk wees nie. Wat doen mens in so ‘n geval? Jy steel met jou oë. Dit het ek gedoen, sonder sukses. Dan maar die regte ding doen. Na die tuiskomslag gaan ek bietjie besoek aflê by hom en dadelik wou ek sien hoe die man se “tackle” lyk. Ek was redelik seker, met al die ooggooiery het ek gedink ek weet reeds. Hy was heel inskiklik om my in te lig. Dalk het dit gehelp dat ek ‘n slag by hóm gaan aanklop het! Sy geheim, sê hy, lê in die feit dat hy sirkelhoeke gebruik. Vir die wat nie weet nie, gaan loer volgende keer wanneer jy weer gereedskap  koop en vra sommer die ou agter die toonbank om jou te wys. Die goed is nie werklik onbekend nie, maar sover ek weet is dit nie oral ewe gewild nie. Ek dink die varswatermense maak meer gebruik daarvan. Die res van sy lyn het heel normaal gelyk, behalwe dat hy ‘n kombinasie-aas gebruik het en die stroppe nie te lank was nie. Hy het plastiekpypies gebruik sodat die lyn nie deurmekaar raak nie en klein stukkies gekleurde gare aangeknoop en dan nog stukkies spons. Ek dink nie werklik al hierdie goed het ‘n stewige punt getel nie, maar as die een ding nie help nie….. Die oorwegende faktor sou ek sê was die groter, skerper hoeke plus die groot aas.

Ek het reeds melding gemaak van die mooi silwervis. Daar was ook ander vis  maar nie baie van hulle nie. Ook sprake van geelbek en die was ook maar skaars. Toe maar hulle gaan nog kom! 

Groete,
Seemeeu

Die geheim lê in Sirkelhoeke

Seemeeu

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Under the Microscope: Must Love Ants!

Under the Microscope: Must Love Ants!

Meet Paramixogaster acantholepidis, a rare hoverfly with a fascinating connection to ants. 

Grootbos Foundation
From Fresh Eggs to Chicken Manure

From Fresh Eggs to Chicken Manure

Update from the Entrepreneurship Programme: This is Phakama, who sells freshly laid eggs in Pearly Beach.

Grootbos Foundation
Why You Don't Need to Explain Yourself When You Say No

Why You Don't Need to Explain Yourself When You Say No

You never validate YES. Why do you want to validate NO?

Daily Blog: 29 September 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

Daily Blog: 29 September 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

What an amazing day out at sea with multiple Bronze whaler sharks, southern right whales and Cape fur seals! 

A Little Candlelight Goes a Long Way

A Little Candlelight Goes a Long Way

A little warmth for your home.

October is Breast Cancer Awareness Month

October is Breast Cancer Awareness Month

At Pam Golding Properties Gansbaai, we believe in building strong foundations in our homes...

See All Articles