JAIDEN HAAL WES-KAAP SPAN

Netbal - Die vyftienjarige Aanvallende Vleuel, Jaiden Dickson, ‘n Graad 10 leerling verbonde aan Hermanus Hoërskool, is pas gekies om as deel van die o/16 Wes-Kaapspan op te draf. 

Die span neem aan die Rhino Toernooi in Gauteng deel gedurende die skoolvakansie, waartydens netbalspeelsters van regoor Suid-Afrika hul vernuf gaan wys.  Jaiden, wat haar laerskooljare by Gansbaai Laerskool voltooi het, het verlede jaar vir die Boland-span gespeel. 

Enigiemand wat belangstel om ‘n finansiële bydrae tot Jaiden se sporttoer wil maak, kan haar ma skakel by 072 707 5687.

Netbal: - Die vyftienjarige Aanvallende Vleuel, Jaiden Dickson, ‘n Graad 10 leerling verbonde aan Hermanus Hoërskool, is pas gekies om as deel van die o/16 Wes-Kaapspan op te draf.  Die span neem aan die Rhino Toernooi in Gauteng deel gedurende die skoolvakansie, waartydens netbalspeelsters van regoor Suid-Afrika hul vernuf gaan wys.  Jaiden, wat haar laerskooljare by Gansbaai Laerskool voltooi het, het verlede jaar vir die Boland-span gespeel.  Enigiemand wat belangstel om ‘n finansiële bydrae tot Jaiden se sporttoer wil maak, kan haar ma skakel by 072 707 5687.