Eldo lag oor sy 7.42kg Mosselkraker

Eldo lag oor sy 7.42kg Mosselkraker

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Eldo Marais het behoorlik tydens Overberg Kushengelklub se hengeldag op 28 Mei 2016 geseëvier. Sy yslike Mosselkraker van 7.42kg was die grootste vis vir die dag, terwyl hy ook met die swaarste sak (11.04kg) se louere weggestap het, waarby ‘n Steenbras van 3.62kg ingesluit was.

“Geen wonder dat hy nooit ophou lag het nie en ek is seker dat sy eggenote nou nog van die ou grote hoor!” sê Elba le Roux van die klub. Die tweede grootste vis vir die dag, ‘n Steenbras van 5.40kg, behoort aan die klub se veteraan, Oubaas Lesch. Elba sê die opgewonde afwagting voor ‘n Saterdagaand se inweeg by die klub is altyd merkbaar, veral as die hengelaars so half ongemerk hul vangstes van die dag in die sakke of bakke kom neersit.

“Dit was dan ook weer die afgelope Saterdag die geval toe die pragvisse opgelig word om geweeg te word, met breë glimlagte en borste wat behoorlik geswel was,” sê Elba.

“Hierdie was werklik die beste hengelkompetisie tot dusver vir die jaar - pragtig, manne, doen so voort!” Sy sê die jaar is nog “jonk” en die hengelaars jaag mekaar behoorlik om punte in te samel. Vir algemene klubnavrae kan Elba Tredoux by 082-351-2304 of 028-388-0092 gekontak word.

Vir hengelnavrae kan die Wedstryd-sekretaris, Leibrandt van Niekerk by 082-487-3106 gekontak word, of stuur ‘n epos aan hom by bietouprops@gmail.com.

Hardus Botha

Eldo lag oor sy 7.42kg Mosselkraker

Hardus Botha

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

You Are Not Your Past

You Are Not Your Past

There is no shame in the pain you carry from your past.

Life Reflects You

Life Reflects You

Not to define you…

A Wild Start to the Day: Leopard Spotted

A Wild Start to the Day: Leopard Spotted

This morning, our reserve manager received an exciting camera trap alert of a leopard sighting. 

Grootbos Foundation
200+ Youth Apply for Life-Changing Opportunities

200+ Youth Apply for Life-Changing Opportunities

This week was full of excitement as Grootbos Foundation interviewed over 200 young people...

Grootbos Foundation
Sport Changing Lives in Gansbaai

Sport Changing Lives in Gansbaai

For some, Grootbos Foundation is best known for our work in conservation and in fynbos, but for a larger part of the community...

Grootbos Foundation
200+ Youth Apply for Grootbos Skills Programmes 2026

200+ Youth Apply for Grootbos Skills Programmes 2026

This week was full of excitement as Grootbos Foundation interviewed over 200 young people...

Grootbos Foundation
See All Articles