Jong Boer van die Jaar

Jong Boer van die Jaar

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Jacques Beukes (35) is as Agri Wes-Kaap en Santam Landbou se Jongboer vir 2016 aangewys. Met hierdie toekenning dring Jacques nou deur na die Nasionale Jongboer van die Jaar Kompetisie wat in Oktober deur Agri Suid-Afrika en Toyota Suid-Afrika aangebied word.

Die prestige toekenning is Woensdag, 25 Mei 2016 deur Carl Opperman, Uitvoerende Hoof van Agri Wes-Kaap aan Jacques oorhandig. “Vanjaar se kompetisie was taaier as ooit en ons moes ‘n wenner uit ses briljante jongboere aanwys,” het Kosie Loubser, voorsitter van Agri Wes-Kaap se Jongboerkomitee, gesê. “Dít wat hierdie jong boere het om aan te bied, is ongelooflik.” Jacques is ‘n Tafeldruiwe-produsent van De Doorns in die Hexriviervallei en boer al tien jaar op die plaas Modderdrift. Hy het ‘n B.Com-graad in Logistiek aan die Universiteit van Stellenbosch behaal en is ook Agri Wes-Kaap se streekverteenwoordiger, ‘n direkteur van die Hexvallei Tafeldruiwe Assosiasie en die voorsitter van die Breedevallei Munisipaliteit se Produsenteforum. Hy beskou jong boere as Suid-Afrika se toekoms.

“Jong boere bring baie nuwe idees en energie na die ekonomie en hulle hou van nuwe ontwikkelings en uitdagings, maar die verskil begin by jouself,” sê hy.  Volgens Jacques is hy baie lief vir die tafeldruifbedryf. “Ek gaan aanhou belê in hierdie wonderlike bedryf. Daar is elke dag baie uitdagings, maar jy moet dit in geleenthede omskep. Deur hoër standaarde na te streef, plaas jy druk op jou mede-produsente om hulle standaarde ook te lig. Só dra jy by tot ‘n beter Suid-Afrikaanse landboubedryf,” sê hy.

Jong Boer van die Jaar

Gansbaai Courant

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

COMING HOME TO YOURSELF

COMING HOME TO YOURSELF

At the heart of all these conversations lies a single truth.

Ready for Adoption - Meet Benso

Ready for Adoption - Meet Benso

Benso is a sweet male dog, about 2 years old, and he is now ready to find his forever home.

BARC Animal Welfare
Daily Blog: 25 June 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

Daily Blog: 25 June 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

A successful day on the water with plenty of marine life to keep us company at the dive site! 

Finding Clarity in Life: What Do You Truly Want?

Finding Clarity in Life: What Do You Truly Want?

As awareness grows, something interesting begins to happen.

Generator Hire in Gansbaai: Reliable Power When You Need It Most

Generator Hire in Gansbaai: Reliable Power When You Need It Most

Power interruptions can bring work to a standstill, disrupt events, and create costly delays. 

Coastal Hire Gansbaai
Creating Opportunities for Youth

Creating Opportunities for Youth

Today's update from Grootbos Foundation is from the Employability Team...

Grootbos Foundation
See All Articles