Kankerhond hou sy hondematers warm

Kankerhond hou sy hondematers warm

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

‘n Kankerlyer en lieflinghond van ‘n Krugersdorpse eienaar dra by tot BARC (Birkenhead Animal Rescue Center) in Gansbaai se winternood.

Cheronne Viljoen, dogter van Mike en Yvonne Beyl van De Kelders se “baba”, Chelsea-Bean is ‘n paar jaar gelede met kanker gediagnoseer, maar is steeds in lewende lywe. “Ek het kort na die skokkende diagnose, die Chelsea-Bean Winterprojek gestig,” vertel Cheronne.

Hierdie projek, wat Cheronne baie na aan die hart lê, sorg vir handgemaakte hondejassies en –kombersies.

Sy het deur haar ouers van BARC verneem en summier ‘n voorraad warm hondejassies en -kombersies saam met hulle gestuur. “Dit kan dadelik vir die honde in hokke gebruik word, maar die res kan in BARC se winkel vir fondse verkoop word,” was Cheronne se boodskap. Sy het belowe om later weer voorraad aan BARC te stuur en vertrou dat hulle daarby baat sal vind.

Annalie Jonker van BARC sê dat sy baie dankbaar is dat dit oor die algemeen goed gaan met die organisasie, maar dat die nood vir ondersteuning, skenkings en borgskappe steeds hoog loop. Sy sê voorts dat veral die skenking van items vir BARC se winkel hoog op prys gestel word.

Warm klere, jasse, skoene, komberse en alles wat die koue wintermaande meer draaglik kan maak, asook kombuisware en linne, is baie welkom.

Bykomende hulp vir Nols Jonas is onlangs by die hokke aangestel, aangesien die werk eenvoudig net te veel was.   Daar is op die oomblik twintig klein hondjies, bo en behalwe die bestaande groot honde.

BARC het baie dringend vrywilligers nodig om met die honde in die speelarea te stap.  Maak ‘n dier se dag en gaan geniet die vars lug en baat by goeie oefening.  Enigiemand wat belangstel om die organisasie van hulp te wees, kan Nols skakel by 083 742 3903.

Kankerhond hou sy hondematers warm

Gansbaai Courant

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Under the Microscope: Must Love Ants!

Under the Microscope: Must Love Ants!

Meet Paramixogaster acantholepidis, a rare hoverfly with a fascinating connection to ants. 

Grootbos Foundation
From Fresh Eggs to Chicken Manure

From Fresh Eggs to Chicken Manure

Update from the Entrepreneurship Programme: This is Phakama, who sells freshly laid eggs in Pearly Beach.

Grootbos Foundation
Why You Don't Need to Explain Yourself When You Say No

Why You Don't Need to Explain Yourself When You Say No

You never validate YES. Why do you want to validate NO?

Daily Blog: 29 September 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

Daily Blog: 29 September 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

What an amazing day out at sea with multiple Bronze whaler sharks, southern right whales and Cape fur seals! 

A Little Candlelight Goes a Long Way

A Little Candlelight Goes a Long Way

A little warmth for your home.

October is Breast Cancer Awareness Month

October is Breast Cancer Awareness Month

At Pam Golding Properties Gansbaai, we believe in building strong foundations in our homes...

See All Articles