Kankerhond hou sy hondematers warm

Kankerhond hou sy hondematers warm

Gansbaai Courant

‘n Kankerlyer en lieflinghond van ‘n Krugersdorpse eienaar dra by tot BARC (Birkenhead Animal Rescue Center) in Gansbaai se winternood.

Cheronne Viljoen, dogter van Mike en Yvonne Beyl van De Kelders se “baba”, Chelsea-Bean is ‘n paar jaar gelede met kanker gediagnoseer, maar is steeds in lewende lywe. “Ek het kort na die skokkende diagnose, die Chelsea-Bean Winterprojek gestig,” vertel Cheronne.

Hierdie projek, wat Cheronne baie na aan die hart lê, sorg vir handgemaakte hondejassies en –kombersies.

Sy het deur haar ouers van BARC verneem en summier ‘n voorraad warm hondejassies en -kombersies saam met hulle gestuur. “Dit kan dadelik vir die honde in hokke gebruik word, maar die res kan in BARC se winkel vir fondse verkoop word,” was Cheronne se boodskap. Sy het belowe om later weer voorraad aan BARC te stuur en vertrou dat hulle daarby baat sal vind.

Annalie Jonker van BARC sê dat sy baie dankbaar is dat dit oor die algemeen goed gaan met die organisasie, maar dat die nood vir ondersteuning, skenkings en borgskappe steeds hoog loop. Sy sê voorts dat veral die skenking van items vir BARC se winkel hoog op prys gestel word.

Warm klere, jasse, skoene, komberse en alles wat die koue wintermaande meer draaglik kan maak, asook kombuisware en linne, is baie welkom.

Bykomende hulp vir Nols Jonas is onlangs by die hokke aangestel, aangesien die werk eenvoudig net te veel was.   Daar is op die oomblik twintig klein hondjies, bo en behalwe die bestaande groot honde.

BARC het baie dringend vrywilligers nodig om met die honde in die speelarea te stap.  Maak ‘n dier se dag en gaan geniet die vars lug en baat by goeie oefening.  Enigiemand wat belangstel om die organisasie van hulp te wees, kan Nols skakel by 083 742 3903.

Kankerhond hou sy hondematers warm

Gansbaai Courant

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Say Goodbye to Peeling Paint with DAMPCURE/SURFACE RESTORER!

Say Goodbye to Peeling Paint with DAMPCURE/SURFACE RESTORER!

Have you noticed any peeling paint in your home? 

Transform Your Space with Premium Satin Silk Paint

Transform Your Space with Premium Satin Silk Paint

Upgrade your space, one swatch at a time, with our Premium Satin Silk.

Watch How-to Videos from Prominent Paints!

Watch How-to Videos from Prominent Paints!

Looking to tackle a paint project but not sure where to start?

‘Doggy Fun Day’ in Hawe

‘Doggy Fun Day’ in Hawe

Die afgelope naweek se ‘Easter Doggy Fun Day’ op Saterdag, 30 Maart 2024 oorkant die Boathouse Pub & Grill in Gansbaai Hawe.

Gans-Berg Nuus / News
New Event Alert: Sew Together Bag Workshop

New Event Alert: Sew Together Bag Workshop

Louis, owner of Creative Notions and Bernina Overberg, swears by it: "How I lived without this bag I don’t know. It’s the perfect size."

Creative Notions
New Event Alert: Sew Together Bag Workshop

New Event Alert: Sew Together Bag Workshop

Louis, owner of Creative Notions and Bernina Overberg, swears by it: "How I lived without this bag I don’t know. It’s the perfect size."

Bernina Overberg
See All Articles