Black Leaves hou Kleinmond se mond toe

Black Leaves hou Kleinmond se mond toe

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Met ‘n trietsige windjie uit die see uit, het Black Leaves darem daarvoor gesorg dat hy sy ondersteuners se harte laat warm klop het om Kleinmond met 10-8 te troef.

Maklik was dit glad nie, want die manne van Kleinmond het die Baai se klein voorsprong uit hul hande gegryp om met halftyd 5-3 voor te loop. Met sowat 70% gebiedsvoordeel deur die Gansbaaiers, kon hulle telkemale glad nie afrond nie en Kleinmond van Protea Dorp het verwoed die gate toegestop.  Met die vinnige agterlyn van Black Leaves was daar hopeloos te skuins oor die veld gehardloop, wat meegebring het dat die snellers op die punte teenaan die kantlyn vasgedryf was.  Uit hierdie situasies is die bal in die kiem gesmoor waartydens Kleinmond ongedwonge foute afgedwing het.

Met Kleinmond se geleenthede tot hul beskikking, het hulle die Baai met lang, aanvallende skoppe gepeper, maar Divvy was deurentyd onder hierdie balle. Die gapings is dan weer met taktiese skoppe aangeval, wat hulle voorspelers goed op die voorvoet geplaas het. 

Colin Sauls, die ou veteraan, het goed gedikteer voorlangs, met Bala en Johnny langs die kante wat die voordeellyn goed oorgesteek het met die bal in die hande.

Gollie sal meer daarteen moet waak om homself nie te veel in geïsoleerde spel in te hardloop nie.  Andersins, ‘n goeie “game”.  Bradwill Europa voorlangs, het ook sy lyf behoorlik op die spel geplaas.

Die Kleinmonders neem die telling tot 8-3 in hul guns, maar die Baai het anders besluit in die tweede helfte en Triston Martin het alles uit die teksboek gehaal en die gate oopgehardloop met Divvy alomteenwoordig om onkeerbaar die doellyn oor te steek met ‘n doel om die telling tot 10-8 in die Baai se guns te bring - almal Divvy se punte. 

Fritz Hill het min hardloopkans gehad, maar het goed verdedig.

Kleinmond skiet hulself in die voet in die laaste drie minute van die wedstryd, deur nie pale toe te skop nie, na drie strafskoppe teen die Baai in die Baai se eie kwartgebied.  ‘n Oorskop sou dan verseker ‘n 11-10 wen aan Kleinmond besorg het.  Op daardie stadium het Kleinmond toe alreeds geen erkende stelskopper in hul geledere gehad nie en het die Baai probeer aanvat met vinnige tikskoppies en dryfmaal bewegings.  Met tyd byna verstreke, het die Gansbaaiers soos Trojane verdedig en die ref het skril op sy fluitjie geblaas om die rillerstryd tot ‘n einde te roep.

Black Leaves kon moed skep deur hul laaste wedstryd van die eerste rondte met ‘n oorwinning af te sluit. Genadendal word op 25 Junie op hul veld aangedurf met die aanvang van die tweede rondte.  Hulle was reeds hier waar hulle gewen het.  Daar sal dus geen genade van Genadendal verwag kan word nie.

Black Leaves se C en B-spanne rook nou wel nie die pyp nie. Nog  ‘n bietjie te veel negatiewe faktore teen hierdie jong manne, maar met die twee weke ruskans kan daar goed geslyp word aan alle aspekte om hierdie troepe weer positief ingestel te kry, andersins word hulle gewilligheid opreg waardeer. 

‘n Pleidooi word gelewer aan die gemeenskap om in te koop by hierdie "laities" en alles sal dan weer klopdisselboom wees.

So sê Bra G

Black Leaves hou Kleinmond se mond toe

Gansbaai Courant

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Under the Microscope: Must Love Ants!

Under the Microscope: Must Love Ants!

Meet Paramixogaster acantholepidis, a rare hoverfly with a fascinating connection to ants. 

Grootbos Foundation
From Fresh Eggs to Chicken Manure

From Fresh Eggs to Chicken Manure

Update from the Entrepreneurship Programme: This is Phakama, who sells freshly laid eggs in Pearly Beach.

Grootbos Foundation
Why You Don't Need to Explain Yourself When You Say No

Why You Don't Need to Explain Yourself When You Say No

You never validate YES. Why do you want to validate NO?

Daily Blog: 29 September 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

Daily Blog: 29 September 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

What an amazing day out at sea with multiple Bronze whaler sharks, southern right whales and Cape fur seals! 

A Little Candlelight Goes a Long Way

A Little Candlelight Goes a Long Way

A little warmth for your home.

October is Breast Cancer Awareness Month

October is Breast Cancer Awareness Month

At Pam Golding Properties Gansbaai, we believe in building strong foundations in our homes...

See All Articles