Black Leaves hou Kleinmond se mond toe

Black Leaves hou Kleinmond se mond toe

Gansbaai Courant

Met ‘n trietsige windjie uit die see uit, het Black Leaves darem daarvoor gesorg dat hy sy ondersteuners se harte laat warm klop het om Kleinmond met 10-8 te troef.

Maklik was dit glad nie, want die manne van Kleinmond het die Baai se klein voorsprong uit hul hande gegryp om met halftyd 5-3 voor te loop. Met sowat 70% gebiedsvoordeel deur die Gansbaaiers, kon hulle telkemale glad nie afrond nie en Kleinmond van Protea Dorp het verwoed die gate toegestop.  Met die vinnige agterlyn van Black Leaves was daar hopeloos te skuins oor die veld gehardloop, wat meegebring het dat die snellers op die punte teenaan die kantlyn vasgedryf was.  Uit hierdie situasies is die bal in die kiem gesmoor waartydens Kleinmond ongedwonge foute afgedwing het.

Met Kleinmond se geleenthede tot hul beskikking, het hulle die Baai met lang, aanvallende skoppe gepeper, maar Divvy was deurentyd onder hierdie balle. Die gapings is dan weer met taktiese skoppe aangeval, wat hulle voorspelers goed op die voorvoet geplaas het. 

Colin Sauls, die ou veteraan, het goed gedikteer voorlangs, met Bala en Johnny langs die kante wat die voordeellyn goed oorgesteek het met die bal in die hande.

Gollie sal meer daarteen moet waak om homself nie te veel in geïsoleerde spel in te hardloop nie.  Andersins, ‘n goeie “game”.  Bradwill Europa voorlangs, het ook sy lyf behoorlik op die spel geplaas.

Die Kleinmonders neem die telling tot 8-3 in hul guns, maar die Baai het anders besluit in die tweede helfte en Triston Martin het alles uit die teksboek gehaal en die gate oopgehardloop met Divvy alomteenwoordig om onkeerbaar die doellyn oor te steek met ‘n doel om die telling tot 10-8 in die Baai se guns te bring - almal Divvy se punte. 

Fritz Hill het min hardloopkans gehad, maar het goed verdedig.

Kleinmond skiet hulself in die voet in die laaste drie minute van die wedstryd, deur nie pale toe te skop nie, na drie strafskoppe teen die Baai in die Baai se eie kwartgebied.  ‘n Oorskop sou dan verseker ‘n 11-10 wen aan Kleinmond besorg het.  Op daardie stadium het Kleinmond toe alreeds geen erkende stelskopper in hul geledere gehad nie en het die Baai probeer aanvat met vinnige tikskoppies en dryfmaal bewegings.  Met tyd byna verstreke, het die Gansbaaiers soos Trojane verdedig en die ref het skril op sy fluitjie geblaas om die rillerstryd tot ‘n einde te roep.

Black Leaves kon moed skep deur hul laaste wedstryd van die eerste rondte met ‘n oorwinning af te sluit. Genadendal word op 25 Junie op hul veld aangedurf met die aanvang van die tweede rondte.  Hulle was reeds hier waar hulle gewen het.  Daar sal dus geen genade van Genadendal verwag kan word nie.

Black Leaves se C en B-spanne rook nou wel nie die pyp nie. Nog  ‘n bietjie te veel negatiewe faktore teen hierdie jong manne, maar met die twee weke ruskans kan daar goed geslyp word aan alle aspekte om hierdie troepe weer positief ingestel te kry, andersins word hulle gewilligheid opreg waardeer. 

‘n Pleidooi word gelewer aan die gemeenskap om in te koop by hierdie "laities" en alles sal dan weer klopdisselboom wees.

So sê Bra G

Black Leaves hou Kleinmond se mond toe

Gansbaai Courant

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Find Your Dream Home: Explore Our Range of Properties Today!

Find Your Dream Home: Explore Our Range of Properties Today!

Dive into our selection of available properties and find the perfect home that matches your lifestyle and preferences.

Great News! These Puppies Found Their Forever Homes!

Great News! These Puppies Found Their Forever Homes!

Thanks to your support, all the adorable puppies in our photos have been adopted!

BARC Animal Welfare
Ontdek Zimbabwe en Botswana (Deel 10)

Ontdek Zimbabwe en Botswana (Deel 10)

In Deel 10 gaan ons voort met die twee egpare, Fanie en Judy Bothma van Franskraal en Dolf en Elna Nel van Saldanha...

Gans-Berg Nuus / News
You, the Upstart Entrepreneur- Are you an asset or a liability?

You, the Upstart Entrepreneur- Are you an asset or a liability?

If you're an aspiring entrepreneur, you've probably taken all the necessary steps to start your business. 

Affordable Second-Hand Clothing and Shoes

Affordable Second-Hand Clothing and Shoes

Exciting news! Belle Vous has just received a fresh batch of second-hand clothing and shoes.

Belle Vous
Next Marine Dynamics Shark Cage Diving Trip: 18 April 2024

Next Marine Dynamics Shark Cage Diving Trip: 18 April 2024

Ready for an adrenaline-packed Thursday? 

See All Articles