Wees ekstra versigtig!

Wees ekstra versigtig!

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Van die manne wat vir jare al see toe gaan sal saamstem  -- veiligheid op see kan nie gewaarborg word nie en omtrent almal het al ‘n stel afgetrap. Dat iets kan gebeur is onvermydelik  --  solank jy jou nie skuldig maak om daartoe by te dra nie.  In Seedinge sal daar nooit genoeg spasie wees om breedvoerig hieroor te gesels nie. Die beste wat ek kan doen is om sekere aspekte uit te sonder.

Die eerste ding om in gedagte te hou is, indien iets voorval en jy reageer nie dadelik nie, dit bes moontlik te laat sal wees. In elk geval, voorkoming sal altyd ‘n beter opsie wees as om te laat te reageer. Ek kan aan een geval dink wat dit baie goed sal illustreer. Kom ons neem aan jou anker is uitgegooi en haak so vas dat jy dit nie kan lostrek nie. Die water is besig om rowwer te raak en jou tyd raak min. Die normale ding om te doen is dat jy as skipper self gaan probeer. Die boot se agterkant word na onder getrek en die tou is teen dié tyd in die skroef verstrengel. Die water neig nou al om agter oor die boot te spoel. Jy skree vir ‘n mes om die ankertou af te sny. Te laat! Dit neem slegs ‘n paar sekondes voor tragedie toeslaan. Wanneer die boot se agterkant oorspoel, is die gevolg dikwels ‘n omgekeerde vaartuig. Veiligheidstoerusting steeds weggebêre en onbereikbaar. Nou beland almal in die water en ons weet wat die gevolg mag wees. ‘n Maat van my het dit ook oorgekom met die verskil dat hy daarin kon slaag om sy toue gesny te kry. Die agterkant van die boot het steeds baie laag gehang en hy het gesorg dat hy so gou moontlik by die motors uitkom en met die aansitslag het hy so gou hy kon probeer wegkom. Dit is met sulke tye dat jou oordeelsvermoë dalk in die slag kan bly. Hou in gedagte dat jy noodgedwonge dadelik moet reageer. Die vinnige spoed waarmee hy weggetrek het, het veroorsaak dat die boot se neus lig en die stert nog laer sak. Altwee die manne het in die water beland met die boot onder die oppervlak.  Gelukkig is hulle gered. Nie alle gevalle is so krities nie, maar wie kan voor die tyd seker wees? Gaan jy die kans vat?

Die GPS is onmisbaar op die boot, maar onthou dis net ‘n instrument en kan foutief raak. ‘n Goeie gewoonte wanneer jy op ‘n plek gaan lê en dit lyk asof mis kan lol is kry jou boot se neus hawe se kant toe en maak seker dat die lesing op jou kompas ordentlik by jou registreer. Al werk jou kompas nie behoorlik nie, kan jy met ‘n geruste hart die lesing volg. ‘n Ander goeie gewoonte is om gereeld seker te maak dat die GPS jou bring waar jy wil wees. En terwyl dit behandel word, maak altyd ‘n punt daarvan om na ‘n veilige plek buite die hawe te kan gaan. En verseker ook jou GPS is hiervolgens ingestel. Indien jy slegte sig of selfs geen sig het nie, kan jy dan met veiligheid hierdie plek bereik, met die wete dat daar nie ‘n hindernis soos ‘n krans in jou pad gaan wees nie (afhangend natuurlik waar jy lê).

So kan ons aangaan. Ek wil herhaal dat indien jy onraad vermoed, reageer dadelik en moet nie wag totdat jy net ‘n sekonde of twee tot jou beskikking het nie. Glo my, ek oordryf nie!

Groete,
Seemeeu

Wees ekstra versigtig!

Seemeeu

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

December's SteriThon was a winner!!

December's SteriThon was a winner!!

We are thrilled to announce that the Gansbaai SteriThon event on 11 December in Blompark was a huge success.

Fostering Animals
11 Days to Christmas: Conference Call

11 Days to Christmas: Conference Call

Arrange with the larger family to discuss responsibilities and what will be expected of every person. 

10 Days to Christmas: Learn to Breathe

10 Days to Christmas: Learn to Breathe

Most of our problems stem from reactive behaviour

13 Days to Christmas: Plan of Action - Speak Up

13 Days to Christmas: Plan of Action - Speak Up

Sit down with your “home” family and discuss what each one of you would like to experience during the holidays.

12 Days to Christmas: Christmas Tree / Decoration

12 Days to Christmas: Christmas Tree / Decoration

Keeping in accordance with old traditions, the tree was decorated on the 12th day before Christmas and taken down 12 Days after Christmas.

Youth Athletics Training at Gansbaai Primary

Youth Athletics Training at Gansbaai Primary

Our sports coaches assisted with pre-season athletics training at Gansbaai Primary this week.

Grootbos Foundation
See All Articles