Wees ekstra versigtig!

Wees ekstra versigtig!

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Van die manne wat vir jare al see toe gaan sal saamstem  -- veiligheid op see kan nie gewaarborg word nie en omtrent almal het al ‘n stel afgetrap. Dat iets kan gebeur is onvermydelik  --  solank jy jou nie skuldig maak om daartoe by te dra nie.  In Seedinge sal daar nooit genoeg spasie wees om breedvoerig hieroor te gesels nie. Die beste wat ek kan doen is om sekere aspekte uit te sonder.

Die eerste ding om in gedagte te hou is, indien iets voorval en jy reageer nie dadelik nie, dit bes moontlik te laat sal wees. In elk geval, voorkoming sal altyd ‘n beter opsie wees as om te laat te reageer. Ek kan aan een geval dink wat dit baie goed sal illustreer. Kom ons neem aan jou anker is uitgegooi en haak so vas dat jy dit nie kan lostrek nie. Die water is besig om rowwer te raak en jou tyd raak min. Die normale ding om te doen is dat jy as skipper self gaan probeer. Die boot se agterkant word na onder getrek en die tou is teen dié tyd in die skroef verstrengel. Die water neig nou al om agter oor die boot te spoel. Jy skree vir ‘n mes om die ankertou af te sny. Te laat! Dit neem slegs ‘n paar sekondes voor tragedie toeslaan. Wanneer die boot se agterkant oorspoel, is die gevolg dikwels ‘n omgekeerde vaartuig. Veiligheidstoerusting steeds weggebêre en onbereikbaar. Nou beland almal in die water en ons weet wat die gevolg mag wees. ‘n Maat van my het dit ook oorgekom met die verskil dat hy daarin kon slaag om sy toue gesny te kry. Die agterkant van die boot het steeds baie laag gehang en hy het gesorg dat hy so gou moontlik by die motors uitkom en met die aansitslag het hy so gou hy kon probeer wegkom. Dit is met sulke tye dat jou oordeelsvermoë dalk in die slag kan bly. Hou in gedagte dat jy noodgedwonge dadelik moet reageer. Die vinnige spoed waarmee hy weggetrek het, het veroorsaak dat die boot se neus lig en die stert nog laer sak. Altwee die manne het in die water beland met die boot onder die oppervlak.  Gelukkig is hulle gered. Nie alle gevalle is so krities nie, maar wie kan voor die tyd seker wees? Gaan jy die kans vat?

Die GPS is onmisbaar op die boot, maar onthou dis net ‘n instrument en kan foutief raak. ‘n Goeie gewoonte wanneer jy op ‘n plek gaan lê en dit lyk asof mis kan lol is kry jou boot se neus hawe se kant toe en maak seker dat die lesing op jou kompas ordentlik by jou registreer. Al werk jou kompas nie behoorlik nie, kan jy met ‘n geruste hart die lesing volg. ‘n Ander goeie gewoonte is om gereeld seker te maak dat die GPS jou bring waar jy wil wees. En terwyl dit behandel word, maak altyd ‘n punt daarvan om na ‘n veilige plek buite die hawe te kan gaan. En verseker ook jou GPS is hiervolgens ingestel. Indien jy slegte sig of selfs geen sig het nie, kan jy dan met veiligheid hierdie plek bereik, met die wete dat daar nie ‘n hindernis soos ‘n krans in jou pad gaan wees nie (afhangend natuurlik waar jy lê).

So kan ons aangaan. Ek wil herhaal dat indien jy onraad vermoed, reageer dadelik en moet nie wag totdat jy net ‘n sekonde of twee tot jou beskikking het nie. Glo my, ek oordryf nie!

Groete,
Seemeeu

Wees ekstra versigtig!

Seemeeu

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

COMING HOME TO YOURSELF

COMING HOME TO YOURSELF

At the heart of all these conversations lies a single truth.

Ready for Adoption - Meet Benso

Ready for Adoption - Meet Benso

Benso is a sweet male dog, about 2 years old, and he is now ready to find his forever home.

BARC Animal Welfare
Daily Blog: 25 June 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

Daily Blog: 25 June 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

A successful day on the water with plenty of marine life to keep us company at the dive site! 

Finding Clarity in Life: What Do You Truly Want?

Finding Clarity in Life: What Do You Truly Want?

As awareness grows, something interesting begins to happen.

Generator Hire in Gansbaai: Reliable Power When You Need It Most

Generator Hire in Gansbaai: Reliable Power When You Need It Most

Power interruptions can bring work to a standstill, disrupt events, and create costly delays. 

Coastal Hire Gansbaai
Creating Opportunities for Youth

Creating Opportunities for Youth

Today's update from Grootbos Foundation is from the Employability Team...

Grootbos Foundation
See All Articles