Rooi Romans vir die Wenners

Rooi Romans vir die Wenners

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Die swaarste en tweede swaarste visse tydens die Birkenhead Boothengelklub se boothengelkompetisie was twee mooi Rooi Romans wat gevang is, wat ook tot een van die hengelaars, Henri Punt, se swaarste sak bygedra het. Dit was die 7de 2016 boothengelkompetisie vir die klub wat Saterdag, 4 Junie 2016 gehou is op pad na die jaareind-trofeë. 

Die pragtige getal van sewe bote het ingeskryf, waarvan ses ingeweeg het. Die totale aantal bemanning was drie en twintig, waarby twee juniors ingesluit is.

Agt verskillende spesies is ingeweeg en die totale aantal vis was honderd en sestien, met 'n totale massa van 92.1kg, wat ‘n gemiddeld van 4.0kg per hengelaar beteken.

Volledige uitslae is soos volg:
swaarste vis, Henri Punt (Rooi Roman - 2.3kg); 2de swaarste vis, Steve Muller (Rooi Roman - 1.7kg); swaarste sak (7.5kg), Henri Punt; 2de swaarste sak (7.4kg), Piet le Roux; swaarste bootgemiddeld (6.75kg), Nu-Nu van Johan Burmeister; 2de swaarste bootgemiddeld (6.50kg), Oupa van Ben Uys; Junior swaarste sak (gedeel 6.30kg), JP Uys (15) en Hennie Groenewald (14). Hierdie twee belowende junior boothengelaars is spesiaal gelukgewens met hul volgehoue prestasies en die “ou manne” is almal baie trots op hulle.

Die volgende boothengel-kompetisie is vir Saterdag, 2 Julie 2016 geskeduleer, met ‘n gesellige funksie daarna. Klubnavrae en funksie-besprekings kan aan Philip Fourie, voorsitter, by 082-747-3634 gerig word, met kompetisie-navrae aan die wedstrydsekretaris, Jean Downing by 076-840-3393.

Rooi Romans vir die Wenners

Gansbaai Courant

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Under the Microscope: Must Love Ants!

Under the Microscope: Must Love Ants!

Meet Paramixogaster acantholepidis, a rare hoverfly with a fascinating connection to ants. 

Grootbos Foundation
From Fresh Eggs to Chicken Manure

From Fresh Eggs to Chicken Manure

Update from the Entrepreneurship Programme: This is Phakama, who sells freshly laid eggs in Pearly Beach.

Grootbos Foundation
Why You Don't Need to Explain Yourself When You Say No

Why You Don't Need to Explain Yourself When You Say No

You never validate YES. Why do you want to validate NO?

Daily Blog: 29 September 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

Daily Blog: 29 September 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

What an amazing day out at sea with multiple Bronze whaler sharks, southern right whales and Cape fur seals! 

A Little Candlelight Goes a Long Way

A Little Candlelight Goes a Long Way

A little warmth for your home.

October is Breast Cancer Awareness Month

October is Breast Cancer Awareness Month

At Pam Golding Properties Gansbaai, we believe in building strong foundations in our homes...

See All Articles