Struisbaai Kekkelbekke bring groot geskenk

Struisbaai Kekkelbekke bring groot geskenk

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Die Strandveld Museum het die afgelope weke twee toergroepe ontvang, maar die een vanaf Struisbaai was ’n uitstaande besoek.

Hulle noem hulself die Kekkelbekke, maar dis net daar waar die ooreenkoms tussen  kekkelende henne in ‘n hoenderhok ophou.

Hulle was ‘n goed georganiseerde groep wat onder die bekwame leiding van Christa Visser in netjiese gelid in ‘n konvooi van voertuie voor die museum parkeer het.

Ina Maartens, een van dié groep, het met die intrapslag ‘n yslike verassing aan die museum besorg.

Sy oorhandig toe plegtig ‘n wynbottel, afkomstig van die Birkenhead wrak, aan Jan Fourie, kurator van die plaaslike museum.

Dr. Allan Kayle het gedurende 1983 by die Suid-Afrikaanse Nasionale Monumente-komitee suksesvol aansoek gedoen om op die Birkenhead te duik, wat aan hom toegestaan is - met sekere voorwaardes.

Een van die voorwaardes was dat die helfte van die artefakte aan S.A. Museum moes gaan. Van die artefakte is in Julie 1994 deur Stephan Welz van Sotheby’s opgeveil. Onder lot nommer 652 was die volgende omskrywing: Three complete dark glass wine bottles, one green and two black, one of the black with a cork, seven sections of similar bottles and a bottle set in conglomerate.

‘n Vriend van Ina het die bottel op die veiling gekoop, dit vir jare gebêre en toe aan haar oorhandig met die opdrag om dit aan ‘n museum van haar keuse te skenk. Haar keuse was die Strandveld Museum en dié bottel, wat nou trots by die res van die Birkenhead-versameling staan, is one of the black with a cork! Die wyn kon ons ongelukkig nie proe nie!

Die vorige toergroep het ook ‘n interessante herkoms. Hulle was van Howick in Natal en die toergids het maande vantevore sy  afspraak met ons bespreek. By verdere navraag oor die rede vir hul deeglike toer deur die Strandveld, was sy antwoord: “Ek het boeke oor jul streek gelees en dit het my so begeester dat ek die toer saamgestel het.” SJ du Toit, skrywer van Hermanus, se suster woon ook in Howick. Volgens die besoekers op dié bus, geniet hulle elke oomblik in ons streek.

Ons hoop dat Gansbaai se eie boek ook toerbusse vol besoekers na die streek sal lok. Gansbaai, ‘n besonderse streek en sy mense, se eerste oplaag is uitverkoop, maar die volgende oplaag behoort binnekort by die Toerisme Buro beskikbaar te wees.

SD Fourie

Struisbaai Kekkelbekke bring groot geskenk

SD Fourie

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

December's SteriThon was a winner!!

December's SteriThon was a winner!!

We are thrilled to announce that the Gansbaai SteriThon event on 11 December in Blompark was a huge success.

Fostering Animals
11 Days to Christmas: Conference Call

11 Days to Christmas: Conference Call

Arrange with the larger family to discuss responsibilities and what will be expected of every person. 

10 Days to Christmas: Learn to Breathe

10 Days to Christmas: Learn to Breathe

Most of our problems stem from reactive behaviour

13 Days to Christmas: Plan of Action - Speak Up

13 Days to Christmas: Plan of Action - Speak Up

Sit down with your “home” family and discuss what each one of you would like to experience during the holidays.

12 Days to Christmas: Christmas Tree / Decoration

12 Days to Christmas: Christmas Tree / Decoration

Keeping in accordance with old traditions, the tree was decorated on the 12th day before Christmas and taken down 12 Days after Christmas.

Youth Athletics Training at Gansbaai Primary

Youth Athletics Training at Gansbaai Primary

Our sports coaches assisted with pre-season athletics training at Gansbaai Primary this week.

Grootbos Foundation
See All Articles