Struisbaai Kekkelbekke bring groot geskenk

Struisbaai Kekkelbekke bring groot geskenk

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Die Strandveld Museum het die afgelope weke twee toergroepe ontvang, maar die een vanaf Struisbaai was ’n uitstaande besoek.

Hulle noem hulself die Kekkelbekke, maar dis net daar waar die ooreenkoms tussen  kekkelende henne in ‘n hoenderhok ophou.

Hulle was ‘n goed georganiseerde groep wat onder die bekwame leiding van Christa Visser in netjiese gelid in ‘n konvooi van voertuie voor die museum parkeer het.

Ina Maartens, een van dié groep, het met die intrapslag ‘n yslike verassing aan die museum besorg.

Sy oorhandig toe plegtig ‘n wynbottel, afkomstig van die Birkenhead wrak, aan Jan Fourie, kurator van die plaaslike museum.

Dr. Allan Kayle het gedurende 1983 by die Suid-Afrikaanse Nasionale Monumente-komitee suksesvol aansoek gedoen om op die Birkenhead te duik, wat aan hom toegestaan is - met sekere voorwaardes.

Een van die voorwaardes was dat die helfte van die artefakte aan S.A. Museum moes gaan. Van die artefakte is in Julie 1994 deur Stephan Welz van Sotheby’s opgeveil. Onder lot nommer 652 was die volgende omskrywing: Three complete dark glass wine bottles, one green and two black, one of the black with a cork, seven sections of similar bottles and a bottle set in conglomerate.

‘n Vriend van Ina het die bottel op die veiling gekoop, dit vir jare gebêre en toe aan haar oorhandig met die opdrag om dit aan ‘n museum van haar keuse te skenk. Haar keuse was die Strandveld Museum en dié bottel, wat nou trots by die res van die Birkenhead-versameling staan, is one of the black with a cork! Die wyn kon ons ongelukkig nie proe nie!

Die vorige toergroep het ook ‘n interessante herkoms. Hulle was van Howick in Natal en die toergids het maande vantevore sy  afspraak met ons bespreek. By verdere navraag oor die rede vir hul deeglike toer deur die Strandveld, was sy antwoord: “Ek het boeke oor jul streek gelees en dit het my so begeester dat ek die toer saamgestel het.” SJ du Toit, skrywer van Hermanus, se suster woon ook in Howick. Volgens die besoekers op dié bus, geniet hulle elke oomblik in ons streek.

Ons hoop dat Gansbaai se eie boek ook toerbusse vol besoekers na die streek sal lok. Gansbaai, ‘n besonderse streek en sy mense, se eerste oplaag is uitverkoop, maar die volgende oplaag behoort binnekort by die Toerisme Buro beskikbaar te wees.

SD Fourie

Struisbaai Kekkelbekke bring groot geskenk

SD Fourie

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Under the Microscope: Must Love Ants!

Under the Microscope: Must Love Ants!

Meet Paramixogaster acantholepidis, a rare hoverfly with a fascinating connection to ants. 

Grootbos Foundation
From Fresh Eggs to Chicken Manure

From Fresh Eggs to Chicken Manure

Update from the Entrepreneurship Programme: This is Phakama, who sells freshly laid eggs in Pearly Beach.

Grootbos Foundation
Why You Don't Need to Explain Yourself When You Say No

Why You Don't Need to Explain Yourself When You Say No

You never validate YES. Why do you want to validate NO?

Daily Blog: 29 September 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

Daily Blog: 29 September 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

What an amazing day out at sea with multiple Bronze whaler sharks, southern right whales and Cape fur seals! 

A Little Candlelight Goes a Long Way

A Little Candlelight Goes a Long Way

A little warmth for your home.

October is Breast Cancer Awareness Month

October is Breast Cancer Awareness Month

At Pam Golding Properties Gansbaai, we believe in building strong foundations in our homes...

See All Articles