Hou moed! Die uitkoms is naby!

Hou moed! Die uitkoms is naby!

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

“Ons swaarkry in hierdie lewe is maar gering en gaan verby, maar dit loop vir ons uit op 'n heerlikheid wat alles verreweg oortref en wat ewig bly. Ons oog is nie op die sigbare dinge gerig nie, maar op die onsigbare; want die sigbare dinge is tydelik, maar die onsigbare ewig.” (2 Kor. 4:17,18)

Hierdie week is “Uit die Woord” spesiaal vir julle wat dink die lewe is te moeilik of die pad wat jy moet stap te lank.  Jou lewe is dalk een groot en lang gesukkel en geswoeg met daaglikse dinge wat jou wiele pap maak.  Die laste wat jy op jou skouers dra word vir jou te veel en jou drome lê almal vertrap deur mense wat jou in die rug steek. Jou liggaam is dalk op hierdie stadium só afgetakel deur pyn en siekte dat jy voel asof selfs GOD jou verlaat het. Boonop is die rekenings wat jy moet betaal elke maand baie meer as jou inkomste.

En jy is moeg!

Dit is baie moeilik om die pad vorentoe  te sien as daar groot storms is. Jou begeerte is eerder om op ’n hopie langs die pad te gaan sit as om voort te beur na die hemelse Woning waarvan Jesus in Johannes 14: 1 praat. Daarom wil ek jou vandag bemoedig met hierdie gedeelte uit 2 Korintiërs 4 wat jou verseker dat GOD jou nooit sal verlaat nie, al word jy neergegooi deur die lewe – Hy sal jou weer ophelp en op die pad hou. (2 Kor. 4:9) GOD het nêrens in die Bybel gesê ons gaan nie swaarkry in hierdie lewe nie, maar Hy het ons baie keer belowe Hy sal met ons wees in elke situasie – moeilik of makliker. As jy terugkyk na die moeilikste tye van jou lewe sal jy moet erken dat Hy daar was om jou te versterk – ja, selfs te dra as jy nie meer kon nie. Hou dit altyd ingedagte dat GOD jou nog altyd in die verlede gehelp het – en Hy sal dit weer vandag en môre doen.

Die beste nuus wat ek vandag vir jou uit GOD se Woord kan gee  is dat die swaarkry wat jy nou deurgaan, niks is in vergelyking met die heerlikheid wat GOD vir jou en elkeen wat Hom lief het in die pyplyn het nie. GOD is selfs opgewonde dat Hy die beste vir jou nog sal laat aanbreek – en Hy sien uit daarna om jou in Sy hemelse huis te verwelkom.

Hou dus net moed. GOD se uitkoms is baie nader as wat jy self kan dink. Intussen is Hy langs jou om jou deur elke situasie te lei! Hy hou jou hand vas!

Hou moed! Die uitkoms is naby!

Ds Deon Kloppers

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

You Are Not Your Past

You Are Not Your Past

There is no shame in the pain you carry from your past.

Life Reflects You

Life Reflects You

Not to define you…

A Wild Start to the Day: Leopard Spotted

A Wild Start to the Day: Leopard Spotted

This morning, our reserve manager received an exciting camera trap alert of a leopard sighting. 

Grootbos Foundation
200+ Youth Apply for Life-Changing Opportunities

200+ Youth Apply for Life-Changing Opportunities

This week was full of excitement as Grootbos Foundation interviewed over 200 young people...

Grootbos Foundation
Sport Changing Lives in Gansbaai

Sport Changing Lives in Gansbaai

For some, Grootbos Foundation is best known for our work in conservation and in fynbos, but for a larger part of the community...

Grootbos Foundation
200+ Youth Apply for Grootbos Skills Programmes 2026

200+ Youth Apply for Grootbos Skills Programmes 2026

This week was full of excitement as Grootbos Foundation interviewed over 200 young people...

Grootbos Foundation
See All Articles