K-toets vir mans

K-toets vir mans

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Vuur die mans in jou lewe aan deur hulle aan te moedig om hul liggame teen kanker te beskerm.

Vir vanjaar se Mansgesondheids-veldtog stel die Kankervereniging van Suid-Afrika (KANSA) dit ten doel dat almal moet onthou hoe belangrik dit vir mans is om in hul gesondheid te belê om kankerrisiko's te verminder. Suid-Afrikaanse mans het ‘n een in agt (1:8) risiko om kanker in hul leeftyd te kry.

Die topkankers wat mans (in SA) affekteer, is prostaat-kanker, Kaposisarkoom (tipe velkanker), long- en kolorektale kanker. Dit is ook belangrik om te weet van ander vorme van kanker wat mans affekteer, soos testikulêre kanker (wat algemeen is onder jong mans tussen die ouderdomme van 15 en 39) en MPV-verwante kankers, insluitend penis- en anale kanker. Meer as 30 tot 40 soorte MPV (Menslike Papilloomvirus) kan oor-gedra word deur seksuele kontak en besmet die anogenitale gebied, wat in sommige gevalle tot kanker kan lei.

“Meeste mans weet dat prostaatkanker een van die mees algemene kankers onder mans is, met ‘n leeftyd risiko van een in 27.

Ons hoop om mans aan te moedig om nie net bewus te wees van die bekende kanker gevare nie, maar ook om hulself op te voed oor ander kanker risiko's vir mans, soos dié van long-, kolorektale-, vel-, testikulêre-, anale- en peniskanker.”

KANSA wil u graag aanmoedig om te gaan vir ‘n siftingstoets, wat u sal help om u risiko vir kanker te bepaal. Prostaat Spesifieke Antigeen (PSA) toets, is ‘n bloedtoets wat aandui of daar enige abnormaliteite in die prostaatklier teenwoordig is.

Pathcare doen die PSA toets in Junie- en Juliemaand weer eens teen ‘n spesiale tarief van R105, wat u kontant aan die dokter kan betaal.

In Gansbaai kan mans direk en sonder ΄n afspraak na PathCare in Hoofstraat vir ‘n PSA toets gaan. Vir verdere inligting is u welkom om die Kanker-vereniging op Onrusrivier by 028-316-3678 te skakel.

K-toets vir mans

Gansbaai Courant

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Under the Microscope: Must Love Ants!

Under the Microscope: Must Love Ants!

Meet Paramixogaster acantholepidis, a rare hoverfly with a fascinating connection to ants. 

Grootbos Foundation
From Fresh Eggs to Chicken Manure

From Fresh Eggs to Chicken Manure

Update from the Entrepreneurship Programme: This is Phakama, who sells freshly laid eggs in Pearly Beach.

Grootbos Foundation
Why You Don't Need to Explain Yourself When You Say No

Why You Don't Need to Explain Yourself When You Say No

You never validate YES. Why do you want to validate NO?

Daily Blog: 29 September 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

Daily Blog: 29 September 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

What an amazing day out at sea with multiple Bronze whaler sharks, southern right whales and Cape fur seals! 

A Little Candlelight Goes a Long Way

A Little Candlelight Goes a Long Way

A little warmth for your home.

October is Breast Cancer Awareness Month

October is Breast Cancer Awareness Month

At Pam Golding Properties Gansbaai, we believe in building strong foundations in our homes...

See All Articles