Ons eie Cornie Swart lewer kommentaar oor weerstoestande

Ons eie Cornie Swart lewer kommentaar oor weerstoestande

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Daar is tekens dat die El Niño-weerverskynsel begin verswak, maar die gevolge van laat reën en warm temperature in die huidige primêre produksietydperk van ons wintergraan- en weidingsgewasse kan steeds gesien word.

Carl Opperman, uitvoerende hoof van Agri Wes-Kaap, sê dit bring sekere uitdagings mee wat bestuur moet word: genoeg water vir mens en dier vir die huidige en die volgende seisoen; genoeg veevoer om sowel klein- as kommersiële veeprodusente aan die gang te hou; potensiële oesverliese en die verlies aan roumateriaal om die waardeketting aan die gang te hou om voedsel vir die verbruiker te produseer; primêre produsente, sowel as ondernemings wat van primêre produsente afhanklik is, te midde van ekonomies druk aan die gang te hou; skuld wat vir die nuwe seisoen aangegaan is terwyl daar nog oorlaatskuld van 2015 is.

Hy sê die droogte is besig om ‘n rimpeluitwerking deur die totale ekonomie te hê met voedselpryse wat styg, voedselinflasie wat toeneem en die landbou se skuld vs batestruktuur wat besig is om negatief te raak.

Cornie Swart van De Kelders, President van Agri Wes-Kaap, sê saaiboere het groot uitgawes aangegaan om gewasse in die grond te kry.

“Ons gesaaides kry swaar. Produsente wat nog nie geplant het nie, het bloot nie vanjaar genoeg kapitaal nie.  

Verlede jaar se slegte oes het ons kapitaal uitgeput,” sê hy.

Hy sê die reën wat wegbly is tragies en dat die potensiaal van beskikbare weiding elke dag swakker word en voer amper onbekostigbaar ge-word het.

“Oor twee weke is ons reeds in die middel van die winter. Die huidige warm toestande veroorsaak ook dat vrugte-bome blom voordat hulle behoorlik in ‘n rustydperk kon ingaan.

As ons nou ryp kry en die blomme afval, vorm nuwe, tweedegraadse blomme wat swakker kwaliteit vrugte tot gevolg kan hê.

In die Weskus-distrik waar temperature steeds hoog is, het wingerde ook al begin bot,” sê hy.

Ons eie Cornie Swart lewer kommentaar oor weerstoestande

Gansbaai Courant

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

COMING HOME TO YOURSELF

COMING HOME TO YOURSELF

At the heart of all these conversations lies a single truth.

Ready for Adoption - Meet Benso

Ready for Adoption - Meet Benso

Benso is a sweet male dog, about 2 years old, and he is now ready to find his forever home.

BARC Animal Welfare
Daily Blog: 25 June 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

Daily Blog: 25 June 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

A successful day on the water with plenty of marine life to keep us company at the dive site! 

Finding Clarity in Life: What Do You Truly Want?

Finding Clarity in Life: What Do You Truly Want?

As awareness grows, something interesting begins to happen.

Generator Hire in Gansbaai: Reliable Power When You Need It Most

Generator Hire in Gansbaai: Reliable Power When You Need It Most

Power interruptions can bring work to a standstill, disrupt events, and create costly delays. 

Coastal Hire Gansbaai
Creating Opportunities for Youth

Creating Opportunities for Youth

Today's update from Grootbos Foundation is from the Employability Team...

Grootbos Foundation
See All Articles