Petroljoggie verdien sterstatus

Christine Bester is onlangs aangewys as Birkenhead Motors (Shell) se “Star of the Month”.  Sy het die titel verdien nadat die vulstasie ‘n honderd persent uitslag gekry het tydens ‘n bestekopname deur Shell Suid-Afrika. ‘n Onbekende koper besoek die vulstasie vier keer per jaar. 

Tydens dié besoek moet die petroljoggies, die gebou, rybaan  en toilette aan sekere voorskrifte voldoen, waarvolgens dit beoordeel word. Christine, wat al sedert 2003 by die vulstasie werk, het die beoordelaar tydens sy ondersoek gehelp sonder dat sy geweet het sy word beoordeel en haar uitstekend van haar taak gekwyt.

Mnr Schalk Strauss, bestuurder by Birkenhead Motors, sê hy is baie trots op Christine se uitstekende werk en klante kan verseker wees van deurlopende goeie diens by al drie hul vulstasies in Gansbaai.

Schalk  Strauss (regs),  bestuurder  van  Birkenhead  Motors,  oorhandig  ‘n kontantprys  en  sertifikaat  aan  Christine Bester.   Claude  Vanqa,    area-bestuurder van Shell staan by.
Gansbaai_Courant