Hou volledig boek

Hou volledig boek

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Elke keer wanneer dit moontlik lyk (want die weer is reg) gaan daar steeds baie min aan en geelbek word net so nou en dan en net hier en daar gevang. Daar was selfs sprake van geelstert. Tog is daar nie juis te kla nie, want die romanne is groot en word saam met die PW’s gevang. Ook die oulywe is mooi en volop, maar vir hulle moet jy ver gaan soek. En daar is ook hotties. So, ons kla liewer nie te hard nie!

Ek wil graag voorbrand maak vir iets wat baie waardevol kan wees. Vir die afgelope sewentien jaar hou ek rekord van alles wat ek vanaf enige boot gevang het en indien dit behoorlik gedoen  word, kan dit vir baie inligting sorg. Probeer gerus, dis egter ‘n langtermynonderneming. Hierdie is veral vir die jonger manne bedoel wat nog so 'n paar jaar van boothengel oor het en gereeld see toe gaan. Ek dink die volgende punte sal baie help:

Die datum en naam van die boot.

Die aantal en soort vis gevang (die gewone, maar ook  enige iets buitengewoons), ook presies waar die vis aangetref is.

Die weer (veral wat die omstandighede was ‘n dag of twee voor die see toe gaan)

Interessant sal ook wees wie die dag saam op die boot was.

Enige iets wat met die boot of die motors gebeur het.

Maak melding van ekstra groot vis wat gevang is en dan van vis wat elders aan die loop is.

Die idee van al hierdie “boekhouding” is dat jy in die toekoms kan bepaal watter vis waar geloop het en  watter tyd van die jaar hulle gewoonlik byt. Dis veral van waarde wanneer jy terug kan verwys en dan daarvan aflei wanneer die verskillende vissoorte hier by ons “gekuier” het. Ook weerpatrone kan help. Indien jy ‘n foto-album hierby kan laat aanpas het jy iets baie nuttigs.

Om hierdie gegewens die moeite werd te maak probeer om bogenoemde feite op ‘n gereelde basis en so volledig moontlik aan te bring. Ongelukkig vir my het ek lui geword en nie volledig van alles verslag gedoen nie. Hou in gedagte  dat enige jaar se vangs kan verskil en die patroon kan wissel.

Groete, Seemeeu

Hou volledig boek

Seemeeu

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

COMING HOME TO YOURSELF

COMING HOME TO YOURSELF

At the heart of all these conversations lies a single truth.

Ready for Adoption - Meet Benso

Ready for Adoption - Meet Benso

Benso is a sweet male dog, about 2 years old, and he is now ready to find his forever home.

BARC Animal Welfare
Daily Blog: 25 June 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

Daily Blog: 25 June 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

A successful day on the water with plenty of marine life to keep us company at the dive site! 

Finding Clarity in Life: What Do You Truly Want?

Finding Clarity in Life: What Do You Truly Want?

As awareness grows, something interesting begins to happen.

Generator Hire in Gansbaai: Reliable Power When You Need It Most

Generator Hire in Gansbaai: Reliable Power When You Need It Most

Power interruptions can bring work to a standstill, disrupt events, and create costly delays. 

Coastal Hire Gansbaai
Creating Opportunities for Youth

Creating Opportunities for Youth

Today's update from Grootbos Foundation is from the Employability Team...

Grootbos Foundation
See All Articles