Hou volledig boek

Hou volledig boek

Gansbaai Courant

Elke keer wanneer dit moontlik lyk (want die weer is reg) gaan daar steeds baie min aan en geelbek word net so nou en dan en net hier en daar gevang. Daar was selfs sprake van geelstert. Tog is daar nie juis te kla nie, want die romanne is groot en word saam met die PW’s gevang. Ook die oulywe is mooi en volop, maar vir hulle moet jy ver gaan soek. En daar is ook hotties. So, ons kla liewer nie te hard nie!

Ek wil graag voorbrand maak vir iets wat baie waardevol kan wees. Vir die afgelope sewentien jaar hou ek rekord van alles wat ek vanaf enige boot gevang het en indien dit behoorlik gedoen  word, kan dit vir baie inligting sorg. Probeer gerus, dis egter ‘n langtermynonderneming. Hierdie is veral vir die jonger manne bedoel wat nog so 'n paar jaar van boothengel oor het en gereeld see toe gaan. Ek dink die volgende punte sal baie help:

Die datum en naam van die boot.

Die aantal en soort vis gevang (die gewone, maar ook  enige iets buitengewoons), ook presies waar die vis aangetref is.

Die weer (veral wat die omstandighede was ‘n dag of twee voor die see toe gaan)

Interessant sal ook wees wie die dag saam op die boot was.

Enige iets wat met die boot of die motors gebeur het.

Maak melding van ekstra groot vis wat gevang is en dan van vis wat elders aan die loop is.

Die idee van al hierdie “boekhouding” is dat jy in die toekoms kan bepaal watter vis waar geloop het en  watter tyd van die jaar hulle gewoonlik byt. Dis veral van waarde wanneer jy terug kan verwys en dan daarvan aflei wanneer die verskillende vissoorte hier by ons “gekuier” het. Ook weerpatrone kan help. Indien jy ‘n foto-album hierby kan laat aanpas het jy iets baie nuttigs.

Om hierdie gegewens die moeite werd te maak probeer om bogenoemde feite op ‘n gereelde basis en so volledig moontlik aan te bring. Ongelukkig vir my het ek lui geword en nie volledig van alles verslag gedoen nie. Hou in gedagte  dat enige jaar se vangs kan verskil en die patroon kan wissel.

Groete, Seemeeu

Hou volledig boek

Seemeeu

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

1 May 2024: Afval Pot and Skaap Pot

1 May 2024: Afval Pot and Skaap Pot

Come join us on 1 May 2024 for a tasty meal featuring our Afval Pot and Skaap Pot.

Ontdek Zimbabwe en Botswana (Deel 12)

Ontdek Zimbabwe en Botswana (Deel 12)

In Deel 12 sluit ons af met die twee egpare, Fanie en Judy Bothma van Franskraal en Dolf en Elna Nel van Saldanha...

Gans-Berg Nuus / News
Deadly Death Cap Mushroom

Deadly Death Cap Mushroom

Behold the Death Cap mushroom which was spotted in the Walker Bay Fynbos Conservancy. 

Grootbos Foundation
Front-Row Seats to Breathtaking Sunsets in the Gansbaai Harbour

Front-Row Seats to Breathtaking Sunsets in the Gansbaai Harbour

Experience the breathtaking sunsets of Gansbaai at N०1 Harbour Way!

N०1 Harbour Way
Deadly Death Cap Mushroom

Deadly Death Cap Mushroom

Behold the Death Cap mushroom which was spotted in the Walker Bay Fynbos Conservancy. 

Overstrand Tourism Diary: Weekend Events Schedule

Overstrand Tourism Diary: Weekend Events Schedule

Check out the latest Overstrand Tourism Diary for a weekend full of fun activities! 

See All Articles