Lyne sing by Wes-liga

Lyne sing by Wes-liga

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Drie klubs met 56 hengelaars en 15 bote het verlede Saterdag aan die Overberg Bootklub se Wes-liga kompetisie deelgeneem. 

Dit was die Gordonsbaai Boot- en Hengelklub, Cape Boat & Ski Boat Club en die plaaslike Overbergers.

Die onweer die vorige paar dae het bygedra tot koue en nat toestande toe die vissermanne Sondagoggend 07:00 op die see uitgaan, maar het later in die dag verbeter. Lyne-op tyd was om 15:00 en die manne by die skaal moes behoorlik bontstaan met die inwegery. Dit was nie almal wat so gelukkig was om iets in te weeg om hul punte op te skuif nie. Sewe spesies is ingeweeg en die wenner van elke spesie is:  Louis Bekker met ‘n 2.08kg Gurnett, Gustav Groenewald met ‘n 1.48kg Hotnotsvis, Chris Fourie met ‘n 1.74 Silwervis, Patric Chrisodulou met ‘n Panga van 1.02 kg, Chris Luff se Makriel wat op 1.58kg ingeweeg het, Ettiene Bruwer met ‘n Rooi Roman van 2.28kg en ‘n Rooistomp van 4.04kg vir Stephen Ashlin.

Inbraak

‘n Inbraak in een van die hengelaars se voertuie, het verhoed dat hulle aan die kompetisie kon deelneem. Hul motor was Saterdagaand voor ‘n gastehuis in Van Dykstraat, Kleinbaai, geparkeer. Klublede doen ‘n versoek op enigiemand wat inligting het oor vreemde hengelgerei om Riaan van Staden te skakel by 082 929 8688.

WP kleure

‘n Gesoute Gansbaai-visserman, Werner Groenewald (Overberg Bootklub) is gekies vir die WP Junior Span.  Sy spanmaats is Jared Zurnamer (Cape Boat) en Brad Bartlett (Gordonsbaai).  Die span neem vanaf 17 Julie deel aan die Natal Junior Game Fish toernooi in Shelley Beach, Natal. 

Enige iemand wat ‘n bydrae wil maak tot Werner se toernooikoste, kan met Riaan van Staden skakel.

Lyne sing by Wes-liga

Riaan van Staden

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Under the Microscope: Must Love Ants!

Under the Microscope: Must Love Ants!

Meet Paramixogaster acantholepidis, a rare hoverfly with a fascinating connection to ants. 

Grootbos Foundation
From Fresh Eggs to Chicken Manure

From Fresh Eggs to Chicken Manure

Update from the Entrepreneurship Programme: This is Phakama, who sells freshly laid eggs in Pearly Beach.

Grootbos Foundation
Why You Don't Need to Explain Yourself When You Say No

Why You Don't Need to Explain Yourself When You Say No

You never validate YES. Why do you want to validate NO?

Daily Blog: 29 September 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

Daily Blog: 29 September 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

What an amazing day out at sea with multiple Bronze whaler sharks, southern right whales and Cape fur seals! 

A Little Candlelight Goes a Long Way

A Little Candlelight Goes a Long Way

A little warmth for your home.

October is Breast Cancer Awareness Month

October is Breast Cancer Awareness Month

At Pam Golding Properties Gansbaai, we believe in building strong foundations in our homes...

See All Articles