Stompie se Galjoen is 'n rekord

Stompie se Galjoen is 'n rekord

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Dit wil gedoen wees....

’n Galjoen van 7.1kg!

Stompie Heins (79) van Wolvengat is die trotse hengelaar wat met hierdie “rekord” spog wat hy van die kant af naby Die Damme gevang het. Sommer net ‘n dag of wat daarna, bring hy ‘n allemintige 10kg Mosselkraker kant toe.

“Ek staan as ‘n reël soggens halftwee op, dan begin my dag, dis wat my gesond hou,” vertel Stompie.

“Ek maak koffie vir myself en my eggenote, Linda en dan begin my oefensessies met my banjo en konsertina, maar ook bietjie kitaar.” Minstens een dag per week staan Stompie aan sy hengel af.

Hy laai sy tuisgemaakte “hengelkarretjie” met sy hengelgereedskap, wat hy vooraf noukeurig uitsorteer, op sy Land Rover en vat die pad na Die Damme.

Daar laai hy die viskarretjie af en haak die sleeptou om sy lyf en stap sowat 10km na Rietfontein waar hy sy geliefde sport beoefen. “Hengel is vir my ‘n sport wat ek net wil geniet en ek beoefen dit al vanaf 1990 en ken alle tekens - selfs die seevoëls kan wenke gee as hulle fyn dopgehou word,” vertel Stompie.

“Na twee en sewentig jaar het ek deel van Spring-bokhengel geword.” Stompie vertel dat hy sy eie sinkers maak, aangesien lood as giftig deur hom beskou word, terwyl hy ook sy hoeke buig soos wat dit hom pas.

“Om die regte plek vir hengel te kry, stap ek, want deur met ‘n voertuig te ry kan die regte plekke nie gekry word nie,” vertel hy. Naas sy bedywighede op die plaas en hengel, is Stompie ook lid van vier boere-orkeste: die bekende Baardskeerdersbos Boere-orkes, die Rummy Cup Orkes, die Stoepsitters in Kleinmond en die Distrik 7 orkes.

Sportklubs word genooi om hulle nuus weekliks aan courant@itec.co.za te stuur.

Stompie se Galjoen is 'n rekord

Gansbaai Courant

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Under the Microscope: Must Love Ants!

Under the Microscope: Must Love Ants!

Meet Paramixogaster acantholepidis, a rare hoverfly with a fascinating connection to ants. 

Grootbos Foundation
From Fresh Eggs to Chicken Manure

From Fresh Eggs to Chicken Manure

Update from the Entrepreneurship Programme: This is Phakama, who sells freshly laid eggs in Pearly Beach.

Grootbos Foundation
Why You Don't Need to Explain Yourself When You Say No

Why You Don't Need to Explain Yourself When You Say No

You never validate YES. Why do you want to validate NO?

Daily Blog: 29 September 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

Daily Blog: 29 September 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

What an amazing day out at sea with multiple Bronze whaler sharks, southern right whales and Cape fur seals! 

A Little Candlelight Goes a Long Way

A Little Candlelight Goes a Long Way

A little warmth for your home.

October is Breast Cancer Awareness Month

October is Breast Cancer Awareness Month

At Pam Golding Properties Gansbaai, we believe in building strong foundations in our homes...

See All Articles