Wegraap se ietsie word vreugde ete

Wegraap se ietsie word vreugde ete

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

“Die hoogtepunt van ons byeenkoms was Betsie van der Merwe se 90ste verjaardag op dieselfde dag, 14 Junie 2016,” vertel Enna Lotz van die Bietoubos Damesklub van Perlemoenbaai en De Kelders. “Betsie was een van ons klub se stigterslede op 3 Augustus 1993, meer as twintig jaar gelede.”

‘n Mede-stigterslid, Helena Smith is gevra om ‘n pragtige ruiker aan Betsie te oorhandig.

“Die sop-en-sjerrie van die geleentheid se gasvrouens, asook die prag-versierde tafels, het sommer ‘n gesellige atmosfeer vir Betsie geskep.”

Nog ‘n verrassing het op Betsie gewag.

Haar kinders het in die geheim ‘n groot middagmaal vir familie en Gansbaai-vriende van Betsie by Groeneweide Kwekery gereël.

Haar dogter, Surina, het haar halfpad deur die Bietou-bossers se byeenkoms kom “wegraap” en gesê sy gaan sommer ‘n “ietsie” by ‘n restaurant saam met hulle eet. Daar aangekom, was sy oorstelp van vreugde om soveel familie en Gansbaai-vriende van haar te sien wat reeds hul plekke by die mooi versierde tafels ingeneem het. Gewis ‘n vreugdevolle dag vir Betsie op haar 90ste verjaardag en die Bietoubossers sê: “Ons salueer jou, Betsie!” Betsie bedank graag haar kinders en al die gaste wat teenwoordig was tydens haar groot verrassingsete. “Baie dankie ook vir al die geskenke en ek is volgende jaar weer 90!” sê sy.

Hardus Botha

Wegraap se ietsie word vreugde ete

Hardus Botha

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

COMING HOME TO YOURSELF

COMING HOME TO YOURSELF

At the heart of all these conversations lies a single truth.

Ready for Adoption - Meet Benso

Ready for Adoption - Meet Benso

Benso is a sweet male dog, about 2 years old, and he is now ready to find his forever home.

BARC Animal Welfare
Daily Blog: 25 June 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

Daily Blog: 25 June 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

A successful day on the water with plenty of marine life to keep us company at the dive site! 

Finding Clarity in Life: What Do You Truly Want?

Finding Clarity in Life: What Do You Truly Want?

As awareness grows, something interesting begins to happen.

Generator Hire in Gansbaai: Reliable Power When You Need It Most

Generator Hire in Gansbaai: Reliable Power When You Need It Most

Power interruptions can bring work to a standstill, disrupt events, and create costly delays. 

Coastal Hire Gansbaai
Creating Opportunities for Youth

Creating Opportunities for Youth

Today's update from Grootbos Foundation is from the Employability Team...

Grootbos Foundation
See All Articles