Brood & Sop vir Winteraandjie

Brood & Sop vir Winteraandjie

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Die boothengelkompetisie gedurende die voormiddag was vergete en dit was brood en sop vir Afrika so op ‘n koue wintersaandjie. Die geleentheid was die Birkenhead Boothengelklub se funksie na afloop van die kompetisie vroeër die dag.

Eers was dit prysuitdeeltyd en die hengelaars het trots vorentoe gestap, waar Jean Downing, wedstrydsekre-taris, aan die woord was. Die klub se twee juniors het weer eens baie goed gevaar, maar het gelykop met die swaarste juniorsak (6.30kg elk) geëindig. Hulle is JP Uys (15) en Hennie Groenewald (14), altwee belowende boothengelaars vir die toekoms.

Daarna was dit net gesellig saamkuier, -eet en -dans tot laataand toe, met meer as genoeg smaaklike sop vir almal. Die Musiekfabriek is uitstekend deur Lorainne Fourie (bestuurslid) se seun, Richard van Greunen beman, met sy dogter, Rachel wat hom vergesel het. Johan Wiese (bestuurslid) het gesorg vir die gebruiklike gelukstrekking tydens funksies. Twee bottels wyn was weer op die spel en Rachel van Greunen moes die gelukkige kaartjies trek. Die wenners was Paula Badenhorst en Callie Lotz.

‘n Spesiale weddenskap tussen voorsitter Philip Fourie en Jean Downing het in die loop van die aand op die lappe gekom. Dit het uitgelek dat dié twee sowat twee jaar gelede al ‘n weddenskap aangegaan het oor die grootste vis. Philip het besluit dit is nou die tyd om uitvoering daaraan te gee. Jean, die verloorder van die weddenskap, moes ewe gedweë die bottel wyn gaan koop en het dit plegtig, met ‘n kelnerdoek oor sy arm, aan Philip oorhandig.

So tussen die gesellige samesyn deur, is klublid Bev Swart so terloops gevra hoe dit deesdae met sy gholfspelery gaan. Ewe pittig het hy gesê: “My voorgee met boothengelkompetisies is deesdae baie beter as my voorgee op die gholfbaan!”

Die volgende boothengelkompetisie is Saterdag, 2 Julie 2016, met ‘n gesellige funksie daarna. Klubnavrae aan Philip Fourie by 082-747-3634, met kompetisie-navrae aan Jean Downing by 076-840-3393.

Hardus Botha

Brood & Sop vir Winteraandjie

Hardus Botha

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Under the Microscope: Must Love Ants!

Under the Microscope: Must Love Ants!

Meet Paramixogaster acantholepidis, a rare hoverfly with a fascinating connection to ants. 

Grootbos Foundation
From Fresh Eggs to Chicken Manure

From Fresh Eggs to Chicken Manure

Update from the Entrepreneurship Programme: This is Phakama, who sells freshly laid eggs in Pearly Beach.

Grootbos Foundation
Why You Don't Need to Explain Yourself When You Say No

Why You Don't Need to Explain Yourself When You Say No

You never validate YES. Why do you want to validate NO?

Daily Blog: 29 September 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

Daily Blog: 29 September 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

What an amazing day out at sea with multiple Bronze whaler sharks, southern right whales and Cape fur seals! 

A Little Candlelight Goes a Long Way

A Little Candlelight Goes a Long Way

A little warmth for your home.

October is Breast Cancer Awareness Month

October is Breast Cancer Awareness Month

At Pam Golding Properties Gansbaai, we believe in building strong foundations in our homes...

See All Articles