God se gunsteling woord

God se gunsteling woord

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

“Kom na My toe, almal wat uitgeput en oorlaai is, en Ek sal julle rus gee.” (Mat 11:28)

“Kom, almal wat dors is, kom na die water toe, selfs ook dié wat nie geld het nie, kom, koop en eet; ja, kom, koop sonder geld en sonder om te betaal, wyn en melk.” (Jes. 55:1) 

“Jesus antwoord hom: As jy volmaak wil wees, gaan verkoop jou goed en gee dit aan die armes, en jy sal ‘n skat in die hemel hê; en kom hier, volg My. (Mat 19:21) 

Wat sou jy sê is GOD se gunsteling woord in die Bybel? Ja, dit is die woordjie: “Kom!” As jy noukeurig ondersoek instel sal jy agterkom dat GOD graag mense uitnooi om na Hom toe te kom. Gereeld kry ons teksgedeeltes in die Bybel waar GOD die mense uitnooi om met Hom te kom praat. Jesus self het op verskeie plekke die mense uitgenooi om na Hom toe te kom as hulle uitgeput en oorlaai is. (Mat. 11:28)

GOD is ’n GOD van uitnodigings. Hy nooi Maria uit om Sy Seun die wêreld in te bring. Hy nooi die dissipels uit om Hom te volg en vissers van mens te word. Hy nooi Thomas om sy vingers in Sy wonde te steek. GOD is dan ook die Koning wat die groot feesmaal voorberei, die tafel dek met die lekkerste kos en dan Sy kinders uitnooi om te kom aansit. (Mat. 22) Ja, as GOD jou uitnooi om by Sy tafel te kom aansit dan hoef jy nie geld te hê om wyn en melk te geniet nie – dis verniet! (Jes. 55:1)

Die grootste uitnodiging wat jy ooit sal ontvang is die dag wanneer GOD aan jou deur klop om saam met jou maaltyd te hou (Ope. 3:20) Ja, GOD wil graag hê jy moet jou lewe aan Hom oorgee sodat Hy jou Sy voluit kan laat beleef. (Joh.10:10) Die dag wanneer jy die sagte geklop  van die Heilige Gees aan jou hartkamer voel en jou hart vir Jesus gee, daardie dag breek die ware lewe van vrede en geluk vir jou oop. Daar is nie ’n groter vreugde en blydskap as om op GOD se uitnodiging te antwoord en Hom te volg met jou hart, jou gedagtes en jou hele lewe nie! Die lewe word van daardie oomblik af vir jou ’n lied. Jy ervaar ewe skielik net hoe goed dit is om GOD te dien en jou naaste lief te hê soos jouself.

Hoor jy dit? Jesus sê: “Kom na My toe en ek sal jou ware rus gee!” Gee sommer nou alles wat jou pla, alles wat jou verhinder om Hom voluit te volg, ja, gee dit alles oor aan Jesus en jy sal voel hoe die son vir jou oopbreek en die lewe ’n lied word. Kom, ek kan hoor Hy roep ons!

God se gunsteling woord

Ds Deon Kloppers

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

December's SteriThon was a winner!!

December's SteriThon was a winner!!

We are thrilled to announce that the Gansbaai SteriThon event on 11 December in Blompark was a huge success.

Fostering Animals
11 Days to Christmas: Conference Call

11 Days to Christmas: Conference Call

Arrange with the larger family to discuss responsibilities and what will be expected of every person. 

10 Days to Christmas: Learn to Breathe

10 Days to Christmas: Learn to Breathe

Most of our problems stem from reactive behaviour

13 Days to Christmas: Plan of Action - Speak Up

13 Days to Christmas: Plan of Action - Speak Up

Sit down with your “home” family and discuss what each one of you would like to experience during the holidays.

12 Days to Christmas: Christmas Tree / Decoration

12 Days to Christmas: Christmas Tree / Decoration

Keeping in accordance with old traditions, the tree was decorated on the 12th day before Christmas and taken down 12 Days after Christmas.

Youth Athletics Training at Gansbaai Primary

Youth Athletics Training at Gansbaai Primary

Our sports coaches assisted with pre-season athletics training at Gansbaai Primary this week.

Grootbos Foundation
See All Articles