God se gunsteling woord

God se gunsteling woord

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

“Kom na My toe, almal wat uitgeput en oorlaai is, en Ek sal julle rus gee.” (Mat 11:28)

“Kom, almal wat dors is, kom na die water toe, selfs ook dié wat nie geld het nie, kom, koop en eet; ja, kom, koop sonder geld en sonder om te betaal, wyn en melk.” (Jes. 55:1) 

“Jesus antwoord hom: As jy volmaak wil wees, gaan verkoop jou goed en gee dit aan die armes, en jy sal ‘n skat in die hemel hê; en kom hier, volg My. (Mat 19:21) 

Wat sou jy sê is GOD se gunsteling woord in die Bybel? Ja, dit is die woordjie: “Kom!” As jy noukeurig ondersoek instel sal jy agterkom dat GOD graag mense uitnooi om na Hom toe te kom. Gereeld kry ons teksgedeeltes in die Bybel waar GOD die mense uitnooi om met Hom te kom praat. Jesus self het op verskeie plekke die mense uitgenooi om na Hom toe te kom as hulle uitgeput en oorlaai is. (Mat. 11:28)

GOD is ’n GOD van uitnodigings. Hy nooi Maria uit om Sy Seun die wêreld in te bring. Hy nooi die dissipels uit om Hom te volg en vissers van mens te word. Hy nooi Thomas om sy vingers in Sy wonde te steek. GOD is dan ook die Koning wat die groot feesmaal voorberei, die tafel dek met die lekkerste kos en dan Sy kinders uitnooi om te kom aansit. (Mat. 22) Ja, as GOD jou uitnooi om by Sy tafel te kom aansit dan hoef jy nie geld te hê om wyn en melk te geniet nie – dis verniet! (Jes. 55:1)

Die grootste uitnodiging wat jy ooit sal ontvang is die dag wanneer GOD aan jou deur klop om saam met jou maaltyd te hou (Ope. 3:20) Ja, GOD wil graag hê jy moet jou lewe aan Hom oorgee sodat Hy jou Sy voluit kan laat beleef. (Joh.10:10) Die dag wanneer jy die sagte geklop  van die Heilige Gees aan jou hartkamer voel en jou hart vir Jesus gee, daardie dag breek die ware lewe van vrede en geluk vir jou oop. Daar is nie ’n groter vreugde en blydskap as om op GOD se uitnodiging te antwoord en Hom te volg met jou hart, jou gedagtes en jou hele lewe nie! Die lewe word van daardie oomblik af vir jou ’n lied. Jy ervaar ewe skielik net hoe goed dit is om GOD te dien en jou naaste lief te hê soos jouself.

Hoor jy dit? Jesus sê: “Kom na My toe en ek sal jou ware rus gee!” Gee sommer nou alles wat jou pla, alles wat jou verhinder om Hom voluit te volg, ja, gee dit alles oor aan Jesus en jy sal voel hoe die son vir jou oopbreek en die lewe ’n lied word. Kom, ek kan hoor Hy roep ons!

God se gunsteling woord

Ds Deon Kloppers

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

You Are Not Your Past

You Are Not Your Past

There is no shame in the pain you carry from your past.

Life Reflects You

Life Reflects You

Not to define you…

A Wild Start to the Day: Leopard Spotted

A Wild Start to the Day: Leopard Spotted

This morning, our reserve manager received an exciting camera trap alert of a leopard sighting. 

Grootbos Foundation
200+ Youth Apply for Life-Changing Opportunities

200+ Youth Apply for Life-Changing Opportunities

This week was full of excitement as Grootbos Foundation interviewed over 200 young people...

Grootbos Foundation
Sport Changing Lives in Gansbaai

Sport Changing Lives in Gansbaai

For some, Grootbos Foundation is best known for our work in conservation and in fynbos, but for a larger part of the community...

Grootbos Foundation
200+ Youth Apply for Grootbos Skills Programmes 2026

200+ Youth Apply for Grootbos Skills Programmes 2026

This week was full of excitement as Grootbos Foundation interviewed over 200 young people...

Grootbos Foundation
See All Articles