Kô LAG 'N BIETJIE

Kô LAG 'N BIETJIE

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Sprokies-mooi is ‘n baie beskeie beskrywing ten opsigte van hoe pragtig die  Panorama “The Castle” venue vertoon het tydens hierdie besondere aand saam  met Andries Vermeulen met sy  Kô LAG 'N BIETJIE ten bate van Laerskool Gansbaai.

Met die aankoms van die gaste by hierdie pragtige ‘venue’ is heerlike muskadel geniet en elkeen is op ‘n vriendelike wyse ontvang en tafels is uitgewys.

Andries Vermeulen is ‘n bekende in hierdie geweste en het sommer so met die aankoms van die gaste hulle gemaklik laat voel deur hulle persoonlik te groet en geselsies aan te knoop.

Die gesellige aand is deur mnr Eben van der Merwe, skoolhoof, geopen en hy het ook die verwelkoming hanteer.

Daarna was Andries aan die woord en dit was duidelik waarom die tema  Kô LAG 'N BIETJIE was.

So tussendeur die heerlike drie-gang maaltyd, voorberei deur Jessica van Panorama, het Andries vir ‘n aand propvol “lag en vermaak” gesorg, gepaardgaande met behoorlike saamkuier, saam lag en dans.

Twintig pryse is tydens “lucky draws” uitgedeel, met ‘n suksesvolle wynveiling wat daarna plaasgevind het, waartydens Andries weer eens vir groot vermaak en lekker lag gesorg het.

Dit was ‘n heerlike aand saam met Andries Vermeulen by Panorama Nature’s Haven “The Castle” wat sommer vir lank nog onthou sal word.

Laerskool Gansbaai se bedankings ná ‘n suksesvolle Kô LAG 'N BIETJIE-aanbieding te Panorama Nature's Haven "The Castle" op 4 Junie 2016 deur Andries Vermeulen ten bate van Laerskool Gansbaai.

LYS VAN BEDANKINGS: PANORAMA: Venue gratis geskenk deur eienaars Hensia, Charles en me Linde; STUDIO JO SIGNS: uitleg van die kaartjies; OVERCELL: betaling van die druk van die kaartjies en tafellys; VODACOM: 2 sakke  elk met beenies, hoodies, serpe en waterbottels; LEKKERBEK: al die aartappels en uie en tamaties, wortels en komkommers; BERTIE EN ELNA LE ROUX: butternut; GANSBAAI PARTY HIRE: opmaak van die saal en tafels; R&R ALUMINIUM: betaling van die hoender aankope; CONCORDIA FLOWERS: skenking van compactas  vir  tafelversiering; SUPREME SHARKS: betaling van die groenslaai, die voorbereiding van die maaltye en skenking van 2 haaiduik geskenkbewyse ter waarde van R1600 elk; STRANDVELD SLAGHUIS: geskenkpak vleis (lucky draw);  KEKKEL EN KRAAI: geskenkpak hoender (lucky draw); OOM PIET GASTEHUIS: 2 nagte vir 2 persone (lucky draw); JAPIE SWART: kaggelhout, bottel witblitz (2 lucky draws); LOMOND WINES: wynveiling ‘n box wyn; GANSBAAI SUPERSPAR: kruideniersware hamper (lucky draw); GANSBAAI TOPS: skenking van wyne vir wynveiling; VISIONS BEAUTY: geskenkbewys (lucky draw); VISIONS HAIR: geskenkbewys (lucky draw); BOATHOUSE RESTAURANT: geskenkbewys (lucky draw); THE ROUNDHOUSE: 1 nag vir 2 persone (lucky draw); KOEKELOER: geskenkbewys (lucky draw); SARONAS: geskenkbewys (lucky draw); OVERBERG AGRI STANFORD: coolerbox met yshouers en kleiner coolersak en waterhouer (lucky draw);  GANSBAAI FISHING CHARTERS:  geskenkbewys vir 2 : visvangtrips ter waarde van R2000 in totaal (lucky draw); SECMA: Sekuriteitswagte by voertuie vir die aand; BILTONG AND NUT CORNER: biltonghamper (lucky draw); ANNA'S PIE’S : pragtige sjokoladekoek (lucky draw); RAKA WINES: Magnum bottel rooiwyn vir wynveiling; DE UIJLENES: bottel witblitz vir wynveiling; MICHAEL GELDENHUYS: Muskadel skenking vir gaste.

Dankie aan al die ouers van Laerskool Gansbaai vir vooraf-skenkings. Dankie aan elke persoon wat die skool ondersteun het deur ‘n kaartjie te koop. Dankie aan elke komiteelid wat skenkings in hul eie hoedanigheid gemaak het, asook vir die verkoop van hul kaartjies aan hul toegeken. Spesiale dankie aan Juanita Hage, vir die saal en tafels se opmaak en  Jessica vir die voorbereiding van kos, asook haar hulp met die opmaak van die saal en tafels.   Francois  vir sy hulp met die tafeluitleg, kaartjieverkope en hantering van die finansies. ‘n Spesiale dankie aan Michael Geldenhuys vir die oprig van die verhoog en  Morkel van Niekerk vir die organisering van die wynveiling en Maryke van Rensburgh vir haar bydrae hiermee ook. 

Madelein Swart

Kô LAG 'N BIETJIE

Madelein Swart

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

December's SteriThon was a winner!!

December's SteriThon was a winner!!

We are thrilled to announce that the Gansbaai SteriThon event on 11 December in Blompark was a huge success.

Fostering Animals
11 Days to Christmas: Conference Call

11 Days to Christmas: Conference Call

Arrange with the larger family to discuss responsibilities and what will be expected of every person. 

10 Days to Christmas: Learn to Breathe

10 Days to Christmas: Learn to Breathe

Most of our problems stem from reactive behaviour

13 Days to Christmas: Plan of Action - Speak Up

13 Days to Christmas: Plan of Action - Speak Up

Sit down with your “home” family and discuss what each one of you would like to experience during the holidays.

12 Days to Christmas: Christmas Tree / Decoration

12 Days to Christmas: Christmas Tree / Decoration

Keeping in accordance with old traditions, the tree was decorated on the 12th day before Christmas and taken down 12 Days after Christmas.

Youth Athletics Training at Gansbaai Primary

Youth Athletics Training at Gansbaai Primary

Our sports coaches assisted with pre-season athletics training at Gansbaai Primary this week.

Grootbos Foundation
See All Articles