“Soos met Moedersdag, het De Kleine Gansies Kleuterskool ook hierdie geleentheid vir fondse gebruik vir opknappingswerk,” sê JP Coetzer. “Hierdie sukses van die looitjies is te danke aan ouers en die gemeenskap se ondersteuning en die skool is werklik baie dankbaar daarvoor.”
Hy het beklemtoon dat die skool geen fondse van instansies of die staat ontvang nie. Hulle is in geheel van skoolfondse, donasies en fondsinsamelings afhanklik om die skool te bedryf. Tans is daar ses en vyftig kleuters en sewe personeellede.
Die drie gelukkige wenners is soos volg: 1ste prys - Ronique Fortuin; 2de prys - Wilhelm Buhr; 3de prys - Christiaan Klotz.
Die fondse van die Vadersdag- en Moedersdaglootjies sal vir ‘n tweede skadunetafdak oor die jungle gym vir die son en koue weer aangewend word.
“Die skool se grootste fondsinsameling geskied op 9 Augustus 2016 te Panorama se kasteel en die oggend is vir alle dames en word deur Gansbaai OK Foods geborg,” sê JP. “Hierdie Womens Beauty Workshop se kaartjies kan by die skool of Gansbaai OK Foods teen R180.00 per kaartjie gekoop word, wat twee sprekers en ‘n drie-gang maal sal insluit.”
Hardus Botha