Woensdag 15/06/2016
Sloegters – Enkel Stableford
So 12 manne het begin speel, maar die reën het hulle naderhand verdryf. Daar was dus geen kompetisie gewees nie.
Vrydag 17/06/2016
Hoender – Enkel Stableford
Die wenner van OK se prys was E Engelbrecht met 22 gevolg deur G Hunt 20, S Wessels 18 en A Coetzee 17.
Saterdag 18/06/2016
Kompetisie – Bonus Bogey
1) G Hunt +7, 2) S Neethling +3, 3) S Wessels +3, 4) R Brandt +2.
Naaste aan die penne is gewen deur S Neethling, L Drotskie en R Brandt. Spog 2’s is aange-teken deur T Muller.
Hierdie spel gholf wat ons speel is ‘n uiters gevaarlike spel, veral as jy ‘n eks-kaptein van die klub is!
Saterdag het die een eks bo-oor ‘n gholfsak geduik om pad te gee vir ‘n dwalende gholfbal en ‘n rib gekraak! Die ander eks het ‘n gholfbal, wat verdomp nie in die putjie wou val nie, probeer skop en ‘n ‘hamstring’ geskeur! Sterkte mnre Coetzee en Swart, hoop julle herstel gou.
Kompetisies/Funksies:
22/06/2016 Sloegters
4/06/2016 Hoender – Enkel Stableford (9 gate) Steakaand
25/06/2016 Enkel Stableford
29/06/2016 Sloegters
01/07/2016 Hoender – Enkel Stableford (9 gate) Braai
02/07/2016 Houespel
06/07/2016 Sloegters
08/07/2016 Hoender – Enkel Stableford (9 gate) Braai
09/07/2016 Enkel Stableford
13/07/2016 Sloegters
André Roos
028 384 1441
gbgholf@gmail.com