Welkom en geniet die hengel

Welkom en geniet die hengel

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Dis al weer vakansietyd en ons verwelkom alle besoekers, en spesiaal alle hengelaars en voornemende hengelaars in ons omgewing. Mag dit ‘n aangename tydjie wees. Kom ons kyk bietjie na die stokmanne. Waar om te probeer? Die patroon verander natuurlik as ‘t ware van dag tot dag en die weer is normaalweg die oorwegende faktor. Die wind moet in gedagte gehou word aangesien dit die water beïnvloed en ‘n ander oorweging is natuurlik watter tipe vis jy in gedagte het.

Die Franskraal/Kleinbaai-omgewing bly altyd ‘n moontlikheid, veral wat galjoen betref. Met die opklaar van die onweer die afgelope paar dae behoort dit die hengelaar te bevoordeel. Soos reeds gemeld kan die patroon enige tyd verander en moet jy kan aanpas.

Die Plaat is ‘n ander gewilde hengelplek en hier is poedingwurm koningsaas. Witmossel en rooiaas lewer vir sommige hengelaars die gewenste resultate.

By die Gruis, wanneer die sloepe oopgespoel is, kan ook vis raakgeloop word.

Dan is daar nog Pearly Beach en die Damme. Hierdie plekke kan nooit afgeskryf word nie.

Rietfontien, verder aan, is ‘n ander gewilde plek. Wees maar op die uitkyk vir groot steenbras en mosselkrakers wanneer jy hier hengel.

Dis nou bietjie laat in die jaar vir kabeljou by Haaiklip, maar met die regte kleur water kan jy nog vis hier raakloop.

Om sukses te behaal, hou die volgende in gedagte: ‘n verskeidenheid van ase en baie, sommer baie geduld. Wanneer iemand jou vertel waar die vis loop is dit gewoonlik al te laat! As jou lyn nie in die water is nie gaan jy beslis nie ‘n vis vang nie, so gaan probeer gerus  --  dis goed vir die siel en die afwagting is lekker.

Wil jy vanaf  ‘n boot hengel? Onthou die skipper benodig ‘n spesiale permit, buiten die hengelpermit wat al die ander manne moet hê. Hou by die regte visgroottes en die wettige hoeveelhede. Jy benodig visaas, rooiaas of witmossel. Aanvaar maar die reëls en hou daarby, dis ongelukkig ‘n noodsaaklike euwel. Baie min ander sportsoorte verskaf jou soveel opwinding en tevredenheid.

Op die oomblik is daar hotties, roman, silwervis, rooistompneus en so paar ander visse te vang.

Wees op die uitkyk vir geelbek en selfs snoek behoort binnekort hier uit te slaan.

Indien jy nie die omgewing ken nie, soek ‘n betroubare skipper en gaan met ‘n geruste hart see toe. Lekker kuier almal!

Seemeeu

Welkom en geniet die hengel

Seemeeu

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

You Are Not Your Past

You Are Not Your Past

There is no shame in the pain you carry from your past.

Life Reflects You

Life Reflects You

Not to define you…

A Wild Start to the Day: Leopard Spotted

A Wild Start to the Day: Leopard Spotted

This morning, our reserve manager received an exciting camera trap alert of a leopard sighting. 

Grootbos Foundation
200+ Youth Apply for Life-Changing Opportunities

200+ Youth Apply for Life-Changing Opportunities

This week was full of excitement as Grootbos Foundation interviewed over 200 young people...

Grootbos Foundation
Sport Changing Lives in Gansbaai

Sport Changing Lives in Gansbaai

For some, Grootbos Foundation is best known for our work in conservation and in fynbos, but for a larger part of the community...

Grootbos Foundation
200+ Youth Apply for Grootbos Skills Programmes 2026

200+ Youth Apply for Grootbos Skills Programmes 2026

This week was full of excitement as Grootbos Foundation interviewed over 200 young people...

Grootbos Foundation
See All Articles