Nuwe Logo Nuwe Visie Nuwe Missie

Nuwe Logo Nuwe Visie Nuwe Missie

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Die nuutontwerpte embleem, ‘n nuwe visie en missie, asook gestruktureerde doelwitte is ‘n goeie aanduiding dat Gansbaai Sakekamer volspoed en doelgerig op dreef is. Hierdie nuwe inisiatiewe is tydens ‘n ledevergadering van Gansbaai Sakekamer deur die voorsitter, Julia Barlow, bekendgemaak. Die verrassing van die aand was egter die teenwoordigheid van Overstrandse Uitvoerende Burgemeester, Raadsdame Nicolette Botha-Guthrie. Haar taak was om ‘n geraamde sertifikaat vir Eervolle Lidmaatskap aan Fanie Bothma te oorhandig. Dit is die eerste keer in die geskiedenis van die Sakekamer wat ‘n lid op hierdie wyse bedank word vir jarelange aktiewe diens.

“Fanie het tien jaar as voorsitter van Gansbaai Sakekamer gedien, waartydens hy en die komitee hulle tot die vestiging van ‘n organisasie met ‘n goeie reputasie beywer het,” het Raadsdame Botha-Guthrie gesê. Dit was onder sy leiding dat Gansbaai Sakekamer in 2014/2015 as die Beste Sakekamer van die Jaar aangewys is.” Sy het na die belangrikste vaardigheid van ‘n leier verwys, naamlik die vermoë om met die nodige bekwaamheid en integriteit te lei, aangesien ‘n leier die sukses of mislukking van ‘n organisasie kan bepaal. “Fanie het volwaardig hieraan voldoen.” Sy het die voormalige president, Nelson Mandela, aangehaal: “A good head and a good heart are always a formidable combination.” Sy het gesê hierdie aanhaling som haar sentimente oor Fanie op en hom bedank vir jarelange strategiese insig en toegewyde leierskap, nie net in Gansbaai nie, maar ook die Overstrand as ‘n geheel.

Daarna het sy die geraamde sertifikaat aan Fanie oorhandig, met ‘n pragtige ruiker aan sy eggenote, Julie. Fanie was onbewus van die reëlings en het gesê dit is vir hom ‘n groot eer en vreugde dat hy die status van ‘n Erelid ontvang het.  

“Vanaand sal as ‘n besonderse gebeurtenis in my lewe gekoester word,” het hy gesê.

Nuwe Logo Nuwe Visie Nuwe Missie

Gansbaai Courant

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

CAREER FAIR BUILT-UP SESSIONS ACROSS OVERSTRAND

CAREER FAIR BUILT-UP SESSIONS ACROSS OVERSTRAND

The Department of Employment & Labour and Overstrand Municipality are planning a Jobs/Career Fair and Exhibition.

Reliable Wedding Guest Transport

Reliable Wedding Guest Transport

Planning a wedding or special event? Let MNRJ Transport take care of getting your guests there safely and on time, stress-free!

MNRJ Transport
Anger Isn’t Born Overnight

Anger Isn’t Born Overnight

Anger is not something you suddenly wake up with one day.

Uitsonderlike Prestasie deur Gansie-skaakspelers!

Uitsonderlike Prestasie deur Gansie-skaakspelers!

Geluk aan elke deelnemende speler en jul trotse verteenwoordiging van Laerskool Gansbaai.

Laerskool Gansbaai
Meet BELLA - Our Sweet Girl Looking for a Loving Home!

Meet BELLA - Our Sweet Girl Looking for a Loving Home!

BELLA is a 1-year-old girl with the most gentle and affectionate nature.

BARC Animal Welfare
Your Dream Home Awaits in Gansbaai

Your Dream Home Awaits in Gansbaai

Imagine living here in Gansbaai...

See All Articles