Fine & Country Agent van die Jaar

Maria Claassen is as Agent van die Jaar van Fine & Country Overberg met die beste verkoopsyfers vir 2015/16 tydens ‘n onlangse funksie aangewys, waartydens die tweede beste presteerders ook aangewys is.

Die prinsipaal, Stephen Weeden, het die span van 8 agente bedank vir hul toewyding, lojaliteit en harde werk. Hy het die wenner-trofee en ‘n sertifikaat aan Maria oorhandig. Die “runners-up”-sertifikate is aan Mariki Woensdregt en Mienie Fourie oorhandig, wat eweneens baie goed gevaar het. “Ons gelukwense gaan uit na hierdie agente,” sê Gansbaai se Fine & Country-span. Gedurende Junie het ‘n nuwe agent, Ico Pretorius ook by die Gansbaai-span aangesluit.

“Baie welkom, Ico, ons glo jy sal gemaklik by Fine & Country Overberg inskakel.”

Stephen Weeden en Maria Claassen (Agent van die Jaar)
Die twee “runner-ups”,  Mienie Weeden en Mariki Woensdregt,met Stephen Weeden tussen hulle.
Fine_and_Country
Gansbaai_Courant