Visrivier Canyon tbv BARC

Visrivier Canyon tbv BARC

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

‘n Staptog in die Visrivier Canyon is nie speletjies nie, maar Karen de Wet, bekende spysenier van Gansbaai en eienaar van ‘n hondesalon, het besluit om dié staptog ten bate van Gansbaai se Birkenhead Animal Rescue Centre (BARC) aan te pak. “Enige borgskappe en donasies sal welkom wees en is ten bate van BARC en moet direk in hulle rekening inbetaal word,” sê Karen. “Belangstellendes kan ook die afstand van die staptog per kilometer borg.”

Karen vertrek Sondag, 3 Julie 2016 uit Wellington en begin die volgende dag met haar staptog, waarna sy by ‘n ander groep sal aansluit. Indien alles voorspoedig verloop, maak sy Vrydagmiddag, 15 Julie 2016 klaar. Die daaglikse staproetes is sowat 89 kilometer en alles moet saamgedra word, sonder enige behoorlike geriewe. Hulle slaap onder die ope lug in slaapsakke - daar is geen tente beskikbaar nie.

Sy vertel dat die eerste twee en ‘n half dae die ergste is, aangesien dit rowwe terrein is waar baie geklim en geklouter moet word, maar later raak die terrein meer gelyk. Mooi weer word verwag, maar snags kan die temperatuur tot by 2 - 5 grade daal.

Die Visrivier Canyon word as die tweede grootste canyon in die wêreld beskou en is ongeveer 180 kilometer in lengte. Die grootste is die Grand Canyon. Die Visrivier Canyon strek vanaf Seeheim in die suide tot by die Oranje rivier, wat die grens tussen Suid-Afrika en Namibië is. Die staptog eindig by die spa-oord van Ai-Ais.

Donasies of borgskappe vir hierdie staptog ten bate van BARC kan direk in BARC se rekening inbetaal word: BARC Dieresorg; Nedbank, Gansbaai; Rekening no 149 810 3006; Takkode 198 765. Na afloop van Karen se poging om fondse vir BARC in te samel, sal verslag gedoen word oor hoe haar staptog afgeloop het.

Vir BARC navrae kan Annalie Jonker by 082-826-0631 geskakel word en vir diereprobleme Nols Jonas (Veldwerker) 083-742-3903.

Visrivier Canyon tbv BARC

Gansbaai Courant

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Under the Microscope: Must Love Ants!

Under the Microscope: Must Love Ants!

Meet Paramixogaster acantholepidis, a rare hoverfly with a fascinating connection to ants. 

Grootbos Foundation
From Fresh Eggs to Chicken Manure

From Fresh Eggs to Chicken Manure

Update from the Entrepreneurship Programme: This is Phakama, who sells freshly laid eggs in Pearly Beach.

Grootbos Foundation
Why You Don't Need to Explain Yourself When You Say No

Why You Don't Need to Explain Yourself When You Say No

You never validate YES. Why do you want to validate NO?

Daily Blog: 29 September 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

Daily Blog: 29 September 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

What an amazing day out at sea with multiple Bronze whaler sharks, southern right whales and Cape fur seals! 

A Little Candlelight Goes a Long Way

A Little Candlelight Goes a Long Way

A little warmth for your home.

October is Breast Cancer Awareness Month

October is Breast Cancer Awareness Month

At Pam Golding Properties Gansbaai, we believe in building strong foundations in our homes...

See All Articles