Lionpresident se prestige inhuldiging

Lionpresident se prestige inhuldiging

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

 ‘n Dame is op 19 Junie 2016 vir die tweede agtereenvolgende jaar as Gansbaai Lionsklub se ses en twintigste Lionpresident ingehuldig.

Die uittredende Lionpresident, Ina Ogilvie en die voormalige Distriksgoewerneur, Heather Hartman, het die inhuldiging van die nuutverkose Lionpresident, Marietta Hattingh, waargeneem.

“Toe ek ‘n jaar en ‘n paar maande gelede na Gansbaai verhuis het, het ek in my wildste drome nie gedink ek sal vanaand hier staan nie,” het Marietta gesê. “Dankie vir die vertroue wat julle in my gestel het.”

Daarna het Marietta haar kabinet bekendgemaak: Fred van Eeden (visie-president), Boats van Staden (tesourier en projekte); Betty de Fisscher (sekretaris); Pieter de Vries (lidmaatskap en sosiaal); JB van Rensburg (leeutemmer); Geert Willems (Draaksteker). Hierdie jaarlikse prestige geleentheid is in Panorama restourant se pragtige onthaalsaal aangebied, met ‘n smaaklike drie-gang maaltyd na afloop van die verskillende seremonies.

Twee nuwe Lions, JB en Christelle van Rensburg, is ook gedurende die funksie ingehuldig en verwelkom.

Lion Ina het in haar jaarverslag na vele liefdadigheids- en fondsinsamelingsprojekte verwys. Die grootstes is die jaarlikse Halfmarathon (31 Des) en die Bergfietsmarathon (Februarie). “Baie dankie aan Gansbaai Lions wat my deur die jaar ondersteun het om ons leuse, ‘Ons Dien’ te kon uitleef,” het sy gesê. Daarna het sy die volgende trofeë oorhandig: Presidents Trofee - Betty de Fisscher; Lion van die Jaar Trofee - Boats van Staden; Projekte Trofee - Aan alle lions vir hul goeie sameweking deur die jaar (dié trofee sal in die klubsaal opgehang word).

Lionpresident se prestige inhuldiging

Gansbaai Courant

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Under the Microscope: Must Love Ants!

Under the Microscope: Must Love Ants!

Meet Paramixogaster acantholepidis, a rare hoverfly with a fascinating connection to ants. 

Grootbos Foundation
From Fresh Eggs to Chicken Manure

From Fresh Eggs to Chicken Manure

Update from the Entrepreneurship Programme: This is Phakama, who sells freshly laid eggs in Pearly Beach.

Grootbos Foundation
Why You Don't Need to Explain Yourself When You Say No

Why You Don't Need to Explain Yourself When You Say No

You never validate YES. Why do you want to validate NO?

Daily Blog: 29 September 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

Daily Blog: 29 September 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

What an amazing day out at sea with multiple Bronze whaler sharks, southern right whales and Cape fur seals! 

A Little Candlelight Goes a Long Way

A Little Candlelight Goes a Long Way

A little warmth for your home.

October is Breast Cancer Awareness Month

October is Breast Cancer Awareness Month

At Pam Golding Properties Gansbaai, we believe in building strong foundations in our homes...

See All Articles