Wat gebeur as GOD Homself sigbaar maak?

Wat gebeur as GOD Homself sigbaar maak?

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

“Toe die volk die donderslae en die klank van die ramshoring hoor, en die weerligte en die rook op die berg sien, het hulle van angs gebewe en op 'n afstand bly staan. Hulle sê toe vir Moses: “Praat jý liewer met ons, en ons sal luister. Moet tog nie dat GOD met ons praat nie, want dan sal ons sterf.”  (Eks. 20:18,19) 

Dalk vra jy ook soos baie ander mense: Hoekom maak GOD Homself nie meer sigbaar en bekend aan ons nie? Dan sal ons mos makliker kan glo! Hoekom lyk dit asof Hy vêr van ons verwyder is en nie eers altyd ons nood raaksien nie? “Kom ons te hulp! Waarom slaap U, Here? Word tog wakker! Moet ons nie vir altyd verstoot nie! Waarom draai U u rug vir ons? Waarom steur U U nie aan ons ellende en smaad nie?” 

(Ps. 44:24,25)

Ek het ook hieroor gewonder totdat ek gesien het hoe GOD Homself wel sigbaar gemaak het aan Sy volk in die woestyn. Daar het GOD aan Moses verskyn in die tent van samekoms en by die berg Sinai. (Eks. 19:17) Die HERE het self in ’n wolkkolom aan die volk verskyn! ((Deut. 31:15) Die teenwoordigheid van die HERE was só oorweldigend dat die volk in vrees en bewing gestaan het en vir Moses gesê het dat hy eerder met hulle moet praat voordat GOD met hulle praat! En dink jy die volk het nou meer geglo? In plaas daarvan dat die volk nou meer gehoorsaam aan GOD word, het hulle verder van Hom weggedwaal. Hulle het self ’n kalf gemaak om te aanbid eerder as om op Moses en die HERE te bly wag! (Eks. 32) GOD het aan hulle soveel seën en bestendigheid belowe as hulle maar net bereid was om Hom met hulle hele hart, siel en verstand te volg. Ook hierdie beloftes het hulle nie meer gehoorsaam gemaak nie. Die hele Ou Testament is ’n bewys van ’n volk wat GOD gesien het en tog nie meer geglo het nie.

Toe probeer GOD weer. Hy laat Homself sigbaar word in die persoon van Sy Seun, Jesus. Nog nooit het GOD duideliker aan ons gewys dat Hy vol liefde en genade is nie. Hy is bereid om al ons sonde en ons skuld weg te neem as ons maar net bereid is om aan Hom gehoorsaam te bly. Wat meer kon GOD doen? Selfs dit het nie gewerk nie. Ons lees dat baie van Sy dissipels omgedraai het en Hom nie meer gevolg het nie! (Joh. 6:66) En vandag? Lyk dit vir jou asof ons nou meer in lyn met GOD en Sy Woord lewe?

Jy het ’n keuse. Besluit of jy ontevrede gaan bly omdat GOD nie meer sigbaar is nie en of jy Hom gaan liefhê  met jou hele hart, siel en verstand. Probeer dit en dalk kom jy gou agter hoe GOD se beloftes in jou lewe waar word. GOD wil vir jou die lewe in oorvloed gee! (Joh. 10:10) Hy is getrou – is jy?

Wat gebeur as GOD Homself sigbaar maak?

Ds Deon Kloppers

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Under the Microscope: Must Love Ants!

Under the Microscope: Must Love Ants!

Meet Paramixogaster acantholepidis, a rare hoverfly with a fascinating connection to ants. 

Grootbos Foundation
From Fresh Eggs to Chicken Manure

From Fresh Eggs to Chicken Manure

Update from the Entrepreneurship Programme: This is Phakama, who sells freshly laid eggs in Pearly Beach.

Grootbos Foundation
Why You Don't Need to Explain Yourself When You Say No

Why You Don't Need to Explain Yourself When You Say No

You never validate YES. Why do you want to validate NO?

Daily Blog: 29 September 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

Daily Blog: 29 September 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

What an amazing day out at sea with multiple Bronze whaler sharks, southern right whales and Cape fur seals! 

A Little Candlelight Goes a Long Way

A Little Candlelight Goes a Long Way

A little warmth for your home.

October is Breast Cancer Awareness Month

October is Breast Cancer Awareness Month

At Pam Golding Properties Gansbaai, we believe in building strong foundations in our homes...

See All Articles